|

Burgerregtewaghond behaal talle welslae sedert begin van 2017

AfriForum het sedert die begin van die jaar op talle terreine gewoeker en groot suksesse behaal.

Van die mylpale is onlangs met meer as 150 takbestuurslede gedeel wat die takbestuurskonferensie in Gauteng bygewoon het.

Nasionaal

  • Adv. Gerrie Nel word as hoof van die privaat vervolgingseenheid aangestel. Hy en sy span ondersoek 170 sake, terwyl hulle meer as 500 versoeke gekry het.
  • Meer as 400 000 liter water is vir Calvinia ingesamel en afgelewer.
  • Veevoer is in verskeie provinsies afgelwer.
  • ’n Petisie met 175 000 handtekeninge teen geweldsmisdaad is aan die presidensie oorhandig.
  • Die haatspraakwetsontwerp is teengestaan.
  • ’n Verslag oor die verband tussen politiek, haatspraak en plaasmoorde is vrygestel.
  • Klagtes teen rassekwotas in sport is by verskeie internasionale sportliggame ingedien.
  • Dr. David Klatzow, bekende forensiese ondersoeker, is deur AfriForum aangestel om die Knysna-brande te ondersoek.
  • AfriForum beveg dubbele standaarde.

Taksuksesse

    • ’n Hofoorwinning word behaal oor watertoevoer in Louis Trichard.
    • In Bloemfontein is 783 vierkante meter se slaggate teen ’n koste van R250 000 herstel.
  • ’n Veiligheidsberaad word gehou met die tema Kom ons maak ons strate veilig!

 

  • Vier klagtes van munisipale bedrog van R85 miljoen word teen die munisipaliteit by die Valke ingedien.
  • Vryheid kry ’n gemeenskapsentrum.
  • Die buurtwag in Alberton trek ’n ontsnapte misdadiger vas.
  • Die gehalte van drink- en rioolwater word in 156 dorpe getoets.
  • Die buurtwag in Kempton Park help ’n dwelmhandelaar arresteer.
  • Die Witrivier-buurtwag help om grondbesetting te keer.
  • Die Benoni-buurtwag help met die arrestasie van ’n man in besit van ’n gesteelde voertuig, twee vuurwapens en ammunisie.
  • ’n Strafregtelike klag is ingedien ná die Gautengse departement van gesondheid glo ’n tender van R24 miljoen onregmatig toegeken het.
  • Die tak in Kaapstad laat watertoetse doen oor rioolvuil wat in die see gepomp word.
  • In Jeffreysbaai word ’n subkontrakteur aangestel om padtekens te verf en op te rig.
  • Klagtes word teen die munisipale bestuurder van Upington ingedien wat versuim om ernstige besoedelingsprobleme op te los.
  • In Potchefstroom is 2 000 slaggate herstel.

Internasionale skakeling, taal en kultuur

  • AfriForum dryf die Godsdiens in skole-hofsaak.
  • AfriVriendelik stel nuwe inisiatiewe en ’n entrepreneurskompetisie bekend.
  • SLIM-produksie om moedertaal te bevorder word by skole in Noordwes aangebied.
  • Dink of Sink-debatskompetisie word weer aangebied.
  • ’n Teenboelieveldtog in skole word geloods.
  • AfriForum se Navorsingsinstituut (ANI) hou plaasmoordstatistieke by.
  • AfriForum woon ’n taalsimposium in Nederland by.

Trauma-eenheid

  • Slagoffers van geweldsmisdade met die fokus op plaasaanvalle word bygestaan.
  • Trauma-ontlonting word gedoen.
  • Verskeie slagoffers is met die aflê van verklarings en voorbereiding vir hofsake bygestaan.
  • Meer as 140 slagoffers het bystand ontvang.

Soortgelyke plasings