Buurtwaglid tydens rooftog in Pretoria-Wes geskiet – AfriForum bied bystand


’n Pretoria-Wes-buurtwaglid van AfriForum is Dinsdagaand, 21 Augustus 2018 gewond. Die buurtwaglid het ondersoek ingestel nadat hy meegedeel is dat ’n rooftog by ’n plaaslike supermark aan die gang was. Toe hy daar aankom, het die rowers uit die winkel gevlug en op voertuie in die parkeerterrein losgebrand, waartydens die lid getref is.
AfriForum en Best Care Ambulansdienste het gereël dat die lid per lugambulans na die Milpark Hospitaal oorgeplaas word. Hy is tans in ’n kritieke toestand nadat ’n nier en gedeelte van sy lewer verwyder moes word.

“AfriForum 911-traumaslagofferondersteuningseenheid staan die lid se gesin by en het ook reeds gereël dat die lid se voertuig skoongemaak word,” sê Ian Cameron, hoof van AfriForum se gemeenskapsveiligheidsafdeling.
“AfriForum bedank graag die volgende instansies vir hul hulp en bystand: Hallo Aviation Lugambulansdienste, Milpark Hospitaal, Xander Laubscher van Best Care Ambulaansdienste en AfriForum se buurtwaglede,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die noordstreek.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45353 (R1 per SMS).

Soortgelyke plasings