|

Buurtwagte in Overstrand verhoog sigbaarheid voor feesseisoen

AfriForum se Overstrand-buurtwagte het in November begin met die burgerregteorganisasie se nasionale sigbaarheidspatrollie wat tot 15 Desember 2019 sal duur.

AfriForum het dié nasionale projek van stapel gestuur om polisiëringsigbaarheid oor die komende feesseisoen te verhoog. Misdaad sal na verwagting oor die feesseisoen toeneem; daarom wil AfriForum se buurtwagte ’n verskil in hul onderskeie gemeenskappe maak deur inwoners met hoësigbaarheidsaksies gerus te stel en te beveilig.

Die AfriForum-buurtwagte in Fisherhaven, Hermanus en Pearly Beach het tydens hulle beveiligingsaksies in November 6 179 km in 43 voertuie afgelê. Altesaam 87 patrolleerders het aan die patrollies deelgeneem waartydens hulle op 31 voorvalle gereageer het. Die verhoogde sigbaarheid is in samewerking met plaaslike wetstoepassingsowerhede en die SAPD gehou.

“Sigbaarheid speel ’n deurslaggewende rol in misdaadbekamping. Dit is proaktief van aard en ontmoedig misdadigers om voort te gaan met hul onwettige aktiwiteite. AfriForum-buurtwagte sal daarom klem lê op verhoogde sigbaarheidsaksies in hul onderskeie gebiede,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS jou naam na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings