|

Byna 600 Pretorianers woon gemeenskapsvergadering met Gerrie Nel by

Meer as 600 Pretorianers het gisteraand ’n gemeenskapsvergadering in Silver Lakes bygewoon waar die prominente Suid-Afrikaanse aanklaer adv. Gerrie Nel oor privaat vervolging gepraat het.

Nel het onlangs by AfriForum aangesluit om die burgerregte-organisasie se private vervolgingseenheid op die been te bring.

Die nuus van Nel se bedanking by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het vroeër vanjaar ’n opskudding veroorsaak en ’n storm op sosiale media ontketen. Volgens hom het hy besluit om die pos te aanvaar omdat hy bekommerd is oor die NVG se geneigdheid tot selektiewe vervolgings en dat almal skynbaar nie voor die reg gelyk is nie.

Hierdie was die derde gemeenskapsvergadering wat Nel toegespreek het. Hy was reeds in Margate en George en dié inligtingsessies gaan landwyd uitgebrei word.

Soortgelyke plasings