|

Cairn-hoewes spog met twee nuwe kameras

AfriForum se Cairn Burnside-plaaswag het twee nuwe kameras by AfriForum se Nelspruit-tak ontvang en dit op 15 September 2021 in die omgewing opgerig. Hierdie kameras gaan gebruik word om met misdaadbekamping te help.

Die kameras is in samewerking met Nkomazi Security Solutions opgerig en sal die buurtwag en ander rolspelers soos plaaslike sekuriteitsmaatskappye in staat stel om die gemeenskap effektiewer te beskerm.

“Hierdie projek is uiters belangrik vir ons gemeenskap en dit is net een van vele maniere waarop AfriForum-buurtwagte misdaad help bekamp,” sê Devon McCullough, leier van die Cairn Burnside-plaaswag buite Nelspruit.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die verskil: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings