Christiana-buurtwag oefen vir die ware Jakob

 

Die AfriForum-buurtwag in Christiana het onlangs verskeie noodsituasies nageboots waartydens sy lede moes reageer ter voorbereiding van regte noodsituasies wat moontlik in die toekoms kan opduik.
Lede van die buurtwag moes onder meer woonadresse opspoor sonder om die internet te gebruik, asook verskeie noodgevalle ontlont. Die nagebootste noodgevalle het die volgende ingesluit:

  • verdagtes in ’n verlate huis;
  • motordiefstal; en
  • ongelukswrak met beseerdes op die toneel.

“Doeltreffende opleiding en voldoende voorbereiding is ’n wenresep vir sukses. Dis belangrik dat die buurtwaglede te alle tye voorbereid is om noodgevalle binne die raamwerk van die wet te hanteer,” sê Bernard Loots, voorsitter van die AfriForum-tak in Christiana.

Volgens Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland, sal die buurtwaglede deurlopend opleiding ontvang om hul vaardighede op te skerp en te verbeter om sodoende die gemeenskap te beskerm.

Soortgelyke plasings