|

COVID-19-taakspan skenk voedsel aan 70 Coligny-gesinne

Die COVID-19-taakspan het vandag in samewerking met die Willow Valley-hoenderplaas, Easy Greens Farming and Farm Produce en Laeveld Agrochem kosvoorraad aan 70 behoeftige gesinne in Coligny geskenk. Die burgerregte-organisasie, tesame met Solidariteit Helpende Hand, Saai en ander organisasies, het reeds sedert die staat van inperking byna 280 ton voedsel aan behoeftiges regoor die land geskenk.

“Ons is dankbaar om die voedselnood saam met ons vennote die hoof te kan bied. Met hierdie skenking verlig ons nie net die voedselnood nie, maar fokus ons ook op volhoubaarheid deur die gemeenskap te bemagtig om self groente aan te plant. Ons sal aanhou om gemeenskappe te ondersteun deur hul nood te help verlig,” sê Johan Kruger, AfriForum se hoof van Gemeenskapsontwikkeling.

Mense wat skenkings of finansiële bydraes wil maak, kan AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid by trauma@afriforum.co.za kontak.

Soortgelyke plasings