Cyril Ramaphosa moet ernstig introspeksie doen


Die burgerregte-organisasie AfriForum het die hoop uitgespreek dat Cyril Ramaphosa, wat pas tot die posisie van ANC-president verkies is, ernstig introspeksie sal doen en dat die party sal ophou om sondebokke toe soek vir die krisisse wat deur die regerende party self geskep is.
Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat daar sekere basiese stappe is wat deur die regerende party gedoen kan word, wat tot die welvaart van almal in die land sal bydra. Dit sluit die vervolging van korrupte amptenare in, asook die beskerming van eiendomsreg en die gelyke behandeling van alle burgers, ongeag hul ras.

“Ramaphosa se sukses sal gemeet word aan die mate waartoe hierdie stappe uitgevoer word,” sê Roets.

Soortgelyke plasings