Delmas-buurtwagte ontvang koeëlvaste baadjies


AfriForum se Delmas-buurtwagte, wat die Delmas Valke en die Argent-plaaswag insluit, het onlangs koeëlvaste baadjies van die AfriForum-tak in Delmas ontvang.

“AfriForum-buurtwagte vorm deel van die takstruktuur en werk saam met die SAPD en ander veiligheidstrukture om misdaad te bekamp. Ons buurtwaglede se veiligheid lê ons na aan die hart, daarom die besluit om koeëlvaste baadjies vir hulle aan te koop,” sê Carel Botha, voorsitter van die AfriForum-tak in Delmas.

Raak vandag by jou naaste buurtwag betrokke: SMS “buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings