Delmas-tak help om Herfsland Aftreeoord op te knap


Die inwoners van Herfsland Aftreeoord het AfriForum se Delmas-tak genader om met die verf van hul wooneenhede se dakke te help. Dit volg ná die Delmas-tak in Augustus 2018 opknappingswerk aan die oord se palissadeheining gedoen het.

Herfsland Aftreeoord se dakke was erg geroes. Aangesien die plaaslike owerhede nie bereid was om die oord se instandhoudingswerk te doen nie, het die bejaardes self ’n koekverkoping as fondsinsameling gehou. Dié fondse was egter nie voldoende nie en daarom het Carel Botha, voorsitter van die Valke Buurtwag by AfriForum se Delmas-tak, besluit om AfriForum weer te betrek. ’n Span verwers is ook aangestel om die arbeid te doen.

“Dit was weereens verblydend om die dankbaarheid by die bejaarde inwoners op te merk. Ons lede se bydraes stel ons in staat om deurlopende projekte soos hierdie tot ons eie gemeenskap se behoud te kan voortsit,” sê Botha.

E-pos Carel Botha by amadwala@live.co.za om by AfriForum se Delmas-tak betrokke te raak.

Soortgelyke plasings