|

Die 14 de uitgawe van Forum Tydskrif is in die pos.

In hierdie uitgawe word op een van die grootste brandpunte in die land se geskiedenis, naamlik onteiening sonder vergoeding, gefokus. Die burgerregte-organisasie is gekant teen die wysiging van artikel 25 van die Grondwet wat onteiening sonder vergoeding moontlik sal maak. Tientalle ontleders, ekonome en landboukundiges het hulle ook teen die voorgenome wysiging uitgespreek en daarop gewys dat dit Suid-Afrika op die pad van ’n Zimbabwe kan plaas en tot ekonomiese ineenstorting sal lei.

AfriForum het ’n uitgebreide plaaslike en internasionale bewusmakingsveldtog teen onteiening en wrede plaasmoorde gevoer. Kallie Kriel en Ernst Roets het die bewusmakingsveldtogte in die VSA gelei en Alana Bailey in Europa en Brittanje.

In die jongste Forum word lesers ook ingelig oor wat die stand van sake is rondom sake wat adv. Gerrie Nel en die privaat vervolgingseenheid ondersoek. Dit is danksy AfriForum se volgehoue pogings dat Duduzane Zuma ook binnekort sy dag in die hof sal kry nadat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) hom aanvanklik nie op ’n klagte van strafbare manslag wou vervolg nie.

In hierdie uitgawe wys AfriForum ook hoe sy takke en buurtwagte op plaaslike vlak woeker en hoe korrupsie hokgeslaan word.

Die gewilde duo Ruhan du Toit en Deon van der Merwe van Touch of Class deel ook hul suksesrespek met AfriForum-lesers en vertel waarom hulle diep in hul harte Afrikaners is.

As jy graag toegang tot Forum wil hê, sluit aan en sms jou naam na 32077. Enige terugvoer oor die tydskrif kan ook gestuur word na navrae@forumtydskrif.co.za

Soortgelyke plasings