AfriForum-Dienstegids

Wat bied AfriForum vir my?

Ledevoordele

AfriFees

Dis nie net vermaak nie, dis jou mense, jou taal, jou kultuur, jou erfenis, jou fees

Sing en dans saam met die grootste Afrikaanse liedjies van alle tye. “SarieMarais”, “Pampoen”, “Byeboerwa”, “Sarah de Jager”, “Leeuloop”, “Toeter Skoeter”, “Stukkie van der Merwe”, “Is jy bang?”, “Hardekole”, “De la Rey” en meer!

Die AfriFees-inhoud is met trots deur AfriForum saamgestel. As deel van AfriForum se 2026-plan wil ons AfriFees by sowel Afrikaanse skole as gemeenskapsfeeste/byeenkomste aanbied om sodoende ons taal en erfenis te bewaar vir ons nageslagte.

Die AfriFees-program bestaan uit 12 keurspelitems wat deur Die Broers aangebied word oor ’n tydperk van 2,5 ure.

Die koste beloop R60 700 (BTW ingesluit) en sluit in:

  • 3 x kunstenaars (Die Broers)
  • Woorde op skerms vir gehoorsamesang met ’n QR-kode om woorde opslimfone af te laai
  • Advertensie en elektroniese pamflet vir bemarking
  • Klank, skerms, verhoog en beligtin

*Indien hierdie reeds verskaf word deur die kliënt as deel van ’n bestaandegeleentheid kan die kostepakket verminder word.

Die lokaal vir die optrede, asook reis en verblyf vir die drie kunstenaars (vlugte, brandstof, etes en verblyf) is uitgesluit by die kostepakket en word deur die kliënt voorsien.

Die kliënt bepaal die kaartjiekoste en is verantwoordelik vir verkope en bemarking. Kaartjie-inkomste kan aangewend word vir fondsinsamelings-projekte of om koste te vereffen.

AfriForum is toegewy daaraan om ons Afrikaanse kultuur en kunste te ondersteun. Die kaartjies.co.za-platform is geskep sodat gemeenskappe sáám kan groei en floreer.

Dié kaartjieverkopeplatform bied ’n mededingende kostestruktuur vir skole en ander Afrikaanse organisasies met ’n volledige bestuursinligtingstelsel insluitende verkoopverslae, veilige betalings, kommunikasie met kopers en meer. Hierdie platform kan deur die kliënt gebruik word vir verkope van die AfriFees.

Kontak ons by bespreek@afrifees.co.za met navrae en vir besprekings.