#DieWêreldMoetWeet

#DieWêreldMoetWeet

Van 25 November tot 1 Desember 2023 besoek Ernst van Zyl en Monique Taute as AfriForum-verteenwoordigers Genève in Switserland om AfriForum se lede asook Suid-Afrikaanse minderheidsgroepe te verteenwoordig by twee Verenigde Nasies-geleenthede.

Die eerste geleentheid behels ’n opvolgbesoek aan die Verenigde Nasies se Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD). In 2022 het AfriForum ’n verslag ingedien wat al die nuwe diskriminerende wetgewing, voorvalle en beleide in Suid-Afrika gedokumenteer het wat sedert 2020 geïmplementeer of voorgestel is of plaasgevind het. Die verslag het ook van die mees prominente voorvalle van haatspraak en aanhitsing tot geweld teen minderhede deur hoëprofielpersone in dieselfde tydperk gedokumenteer.

AfriForum het hierdie verslag geskryf om CERD-lede te voorsien van ’n meer omvattende beskrywing van die mate waarin daar teen minderhede in Suid-Afrika gediskrimineer word, veral deur haatspraak, aanhitsing tot geweld en diskriminerende wetgewing.
Suid-Afrika se rekord word in 2023 deur CERD hersien met betrekking tot die uitskakeling van diskriminasie in die land. AfriForum gaan dus ’n nuwe verslag oor rassediskriminasie deur die Suid-Afrikaanse regering by CERD inhandig, asook ’n kort voorlegging doen, as AfriForum se bydrae tot hierdie hersieningsproses.

Tweedens gaan Ernst van Zyl, AfriForum se hoof van openbare betrekkinge, ’n voorlegging doen oor die voortgesette haatspraak en diskriminasie teen minderheidsgroepe in Suid-Afrika voor die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidskwessies. Vanjaar se tema is:
“Minorities and Cohesive Societies: Equality, Social Inclusion, and Socio-Economic Participation”.

Deur internasionale aksies soos hierdie doen AfriForum belangrike bewusmaking op die internasionale terrein oor minderheidskwessies soos rassediskriminerende wette in Suid-Afrika. Die organisasie plaas ook die Suid-Afrikaanse regering se negatiewe en selfs vyandige standpunte, uitsprake en beleide teenoor minderhede op die rekord. Op hierdie wyse gaan AfriForum ook voort om homself in die buiteland te vestig as ’n betroubare, legitieme gesag oor sake rakende Suid-Afrika, veral minderheidsgroepe.

Ondersteun AfriForum waar hulle in die buiteland druk toepas op die Suid-Afrikaanse regering se raswette.



2022

The persecution of minority communities in South Africa since 2020

Dié verslag is die vervolg op die verslag The world must know: The persecution of minority communities in South Africa, wat in 2020 deur AfriForum gepubliseer is as deel van ’n internasionale skakeltoer na die VSA om bewustheid te skep vir aangeleenthede soos plaasaanvalle, haatspraak teen minderhede en Suid-Afrika se vele wette wat op grond van ras diskrimineer. Die nuwe 2022-verslag, The world must know: The continued persecution of minority communities in South Africa since 2020, beoog om nuwe wetgewing, gevalle en beleide te dokumenteer wat verband hou met die tema van die verdrukking van minderheidsgemeenskappe in Suid-Afrika, en wat in werking gestel is of voorgestel is, of voorgekom het sedert die bekendstelling van die eerste verslag in 2020. Die verslag gee ook nuwe inligting oor beleide, wette en gevalle wat in die vorige verslag gedokumenteer is.  

Afdelings in die verslag sluit in:

  • wette wat tydens Covid en daarna op grond van ras diskrimineer
  • onteiening sonder vergoeding: wysigings aan die Grondwet en die 2020 Onteieningswetvoorstel
  • onluste en plundery in Julie 2021
  • Senekal en die “Kill the Boer”-hofsaak teen Julius Malema/EFF
  • die teiken van minderheidserfenisse
  • die volgehoue agteruitgang van Afrikaanse taalregte en onderwys

Die 2022-verslag voorsien ’n bruikbare en uitgebreide opsomming van die belangrikste ontwikkelings in terme van die bogenoemde temas en gevalle, kompleet met bronne om elke vermelding te staaf. Dit is ’n ideale bron vir enigeen wat oor die Suid-Afrikaanse politiek skryf of daarop kommentaar lewer, veral wat betref minderheidsgemeenskappe. Dit is ook waardevol vir wat oor dié onderwerp navorsing doen of daaroor verslag doen.

2020

The persecution of minority communities in South Africa

DatumBeskrywingSkakel
2017
30/11/2017AfriForum en AfriForum Jeug doen vandag voorleggings aan die tiende sitting van die VN se Forum vir MinderheidsaangeleenthedeLees meer
2018
22/11/2018AfriForum plaas saak van onteiening sonder vergoeding in kollig by VNLees meer
2019
25/06/2019AfriForum gee terugvoer oor tiende sitting van die VN se Forum vir MinderheidsaangeleenthedeLees meer
29/10/2019AfriForum by VN se Afrika-Midde-Oosterse Forum vir Onderwys, Taal en die Menseregte van MinderhedeLees meer
27/11/2019AfriForum by VN-forum om regeringskending van Afrikaanse taalregte in die kollig te plaasLees meer
28/11/2019VN-forum: SA-verteenwoordiger val AfriForum-voorlegging met leuens aanLees meer
02/12/2019VN se Forum vir inderheidsregte sê eentaligheid nie noodwendig die oplossing vir integrasie nieLees meer

2020
21/01/2020AfriForum verkla Ramaphosa, Sisulu by VN vir die verdagmaking van die organisasie se pogings om burgerregte te beskermLees meer
28/01/2020#DieWêreldMoetWeet: AfriForum kondig omvattende internasionale veldtog teen burgerregteskendings in Suid-Afrika aanLees meer
04/06/2020#StopDieMalligheid: AfriForum verkla regering by VN se Hoë Kommissaris vir MenseregteLees meer
12/06/2020AfriForum kondig VN-klag aan oor regeringrassisme tydens Covid-19-pandemieLees meer
04/10/2020AfriForum wen dekade lange stryd om by VN te registreerLees meer

20/11/2020AfriForum spreek VN toe oor haatspraak teen minderhede in SALees meer
20/11/2020AfriForum praat oor haatspraak teen Suid-Afrikaanse minderheidsgroepe tydens VN se Forum vir MinderheidskwessiesLees meer
2021
05/02/2021AfriForum bring die effek van plaasmoorde op minderjariges onder die VN se aandagLees meer
10/08/2021AfriForum praat oor jeugbemagtiging by VN-reeks oor humanitêre kwessiesLees meer
2022
21/04/2022AfriForum vra vir erkenning van gemeenskappe by die VNLees meer
29/08/2022AfriForum aan Verenigde Nasies: Dít gebeur en dít is die oplossingLees meer
2023
20/07/2023AfriForum lewer pleidooi aan die Verenigde Nasies se Raad vir Menseregte oor die skending van Suid-Afrikaners se reg op water en sanitasieLees meer
20/07/2023AfriForum lig VN in oor dreigende waterkrisis, versoek ingrypingLees meer
14/08/2023AfriForum verwelkom VN-rapporteur se opmerkings oor omgewingsregteLees meer
01/11/2023AfriForum lê verval van staatsondernemings bloot in verslag aan VN, waarsku oor moontlike algehele ineenstortingLees meer
01/11/2023AfriForum lê verval van staatsondernemings bloot in verslag aan VN, waarsku oor moontlike algehele ineenstortingLees meer

#diewereldmoetweet

AfriForum wen dekade lange stryd om by VN te registreer

Die burgerregteorganisasie AfriForum het pas bevestiging ontvang dat dié organisasie nou amptelik by die Verenigde Nasies (VN) as nieregeringsorganisasie met spesiale raadgewende status geregistreer is. Dié status bied aan AfriForum verskeie geleenthede en voorregte om die organisasie se werk op groter skaal in die raadsale van die VN voort te sit. Die deurbraak is gemaak ten spyte daarvan dat die Suid-Afrikaanse regering vir jare aktief gewerk het om hierdie geleenthede van AfriForum te ontneem.

Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, verduidelik dat die Suid-Afrikaanse regering se verteenwoordiger by die VN-hoofkantoor in New York hom destyds meegedeel het dat hy vanuit Pretoria instruksie gekry het om te verhoed dat AfriForum by die VN se afdeling vir nieregeringsorganisasies (’n onderafdeling van ECOSOC) geregistreer word. Die verteenwoordiger het sover gegaan as om te sê dat die regering se pogings in dié verband nie persoonlik is nie, maar bloot polities gedrewe.

“Die verteenwoordiger het in 2015 aan my verduidelik dat die Suid-Afrikaanse regering AfriForum se registrasie in dié verband teenstaan omdat AfriForum volgens die regering ‘te veel praat’ en ‘te arrogant’ is,” sê Roets. “Hy het toe gesê dat hy met Suid-Afrika se alliansievennote in verbinding gaan tree om toe te sien dat AfriForum se aansoek nie slaag nie. Hy het dié alliansievennote by name genoem: China, Zimbabwe, Kuba en Soedan.”

Roets het die verteenwoordiger gevra om te verduidelik waarom AfriForum volgens die regering te arrogant is. Die verteenwoordiger het toe verwys na sowel AfriForum se veldtog teen plaasmoorde as die feit dat AfriForum beswaar gemaak het teen die uitnodiging aan die voormalige Zimbabwiese president, Robert Mugabe, om die presidensiële inhuldiging van Jacob Zuma by te woon.

Roets sê voorts dat die regering wel daarin kon slaag om die aansoekproses vir jare te vertraag (AfriForum het die eerste registrasieaansoek al in 2011 ingedien). “Ons is egter bly om vandag te kan aankondig dat die regering se pogings om minderhede by die VN te sensor uiteindelik misluk het.”

Die voorregte en geleenthede wat met spesiale raadgewende status verband hou, sluit onder meer in dat AfriForum:

  • insette kan lewer en aan die werk van ECOSOC kan deelneem;
  • hierdie forums kan benut om deskundige raad in te win en te deel oor kwessies waarmee AfriForum gemoeid is;
  • verteenwoordigers by die VN-kantore in New York, Genève en Wene kan aanwys om die organisasie by verskeie forums en vergaderings te verteenwoordig;
  • as waarnemer kan insit by verskeie vergaderings van ECOSOC-liggame, die Menseregteraad en in sekere gevalle ook die VN se Algemene Vergadering;
  • by verskeie van dié forums geskrewe en selfs mondelinge voorleggings kan maak oor kwessies waarmee AfriForum gemoeid is;
  • met die onderskeie kantore van die VN se sekretariaat kan konsulteer;
  • verslae oor verskeie onderwerpe mag indien;
  • by hierdie forums die geleentheid gebied word om aan informele gesprekke met VN-rolspelers deel te neem;
  • toegang tot die VN se mediadokumentasiedienste het; en
  • toegang tot die VN se biblioteek het.

AfriForum moet ook elke vier jaar aan die VN verslag doen oor die werk wat die organisasie doen.

Roets sê dat AfriForum hierdie stap as ’n oorwinning beskou – ook vir die organisasie se #DieWêreldMoetWeet-veldtog, wat vroeër vanjaar van stapel gestuur is. “AfriForum sal by hierdie vergaderings veral sterk standpunt inneem oor onteiening sonder vergoeding, plaasmoorde, korrupsie en minderheidsregte. Ons sien daarna uit om ons netwerke in die internasionale sfeer uit te brei en ons kennis en ervaring met ander organisasies te deel.”

#stopdiemalligheid

AfriForum het die Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies (VN) se Hoë Kommissaris vir Menseregte verkla oor die drakoniese regulasies en die gewelddadige afdwinging van die staat van inperking om die COVID-19-pandemie te bekamp. AfriForum vra in dié klag dat die Hoë Kommissaris vir Menseregte ’n ondersoek van stapel stuur oor die onverdedigbare en irrasionele skending van burgerlike vryhede in Suid-Afrika. Dit volg ná die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria se uitspraak op 2 Junie 2020 dat vlak 3- en vlak 4-regulasies van die inperking ongrondwetlik en ongeldig is. Die hof het onder meer beslis dat dié regulasies irrasioneel en grondwetlik onregverdigbaar is, asook dat dit ’n paternalistiese benadering deur die regering weerspieël.

Jy kan AfriForum help om druk op die regering te sit om gehoor te gee aan die hofbevel.

Ongelykheid in suid afrika

AfriForum wil ’n databasis opbou van voorvalle van ongelykheid.

INDIEN JOU REG OP GELYKHEID TYDENS DIE INPERKINGSTYD GESKEND IS, RAPPORTEER DIT HIER:

“Artikel 9 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika

(1) Elkeen is gelyk voor die reg en het die reg op gelyke beskerming en voordeel van die reg.

(2) Gelykheid sluit die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede in. Ten einde die bereiking van gelykheid te bevorder, kan wetgewende en ander maatreëls getref word wat ontwerp is vir die beskerming of ontwikkeling van persone, of kategorieë persone, wat deur onbillike diskriminasie benadeel is.

(3) Die staat mag nie regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer op een of meer gronde nie, met inbegrip van ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georiënteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte.

(4) Geen persoon mag regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer op een of meer gronde ingevolge subartikel (3) nie. Nasionale wetgewing moet verorden word om onbillike diskriminasie te voorkom of te belet.

(5) Diskriminasie op een of meer van die gronde in subartikel (3) vermeld, is onbillik, tensy daar vasgestel word dat die diskriminasie billik is”

rassisme

AfriForum gaan ‘n klag by die Verenigde Nasies (VN) teen die Suid-Afrikaanse regering se gebruik van inperkingsmaatreëls tydens die COVID-19-pandemie om die ANC se rasseagenda te bevorder indien. AfriForum gaan dié klag by Dr Fernand de Varennes, die VN se spesiale verslaggewer vir minderheidskwessies, indien en ook versoek dat hy ondersoek instel na die wyse waarop die Suid-Afrikaanse regering die COVID-19-pandemie misbruik om ’n diskriminerende rasse-ideologie op die samelewing af te dwing.

Kyk die konferensie hier

DIT IS NOU JOU KANS OM JOU NAAM BY DIE KLAG TE VOEG: