Droogtetoer

In die komende maande gaan Manna vir die Boere 6 streke besoek en aan boere droogtehulp verleen.

Die droogtegeteisterde dorpe wat besoek word, is soos volg:

  • Middelpos
  • Sutherland
  • Aberdeen
  • Fraserburg
  • Steytlerville
  • Williston

Die impak van die droogte van die afgelope paar jaar gaan in die afsienbare toekoms ’n groot impak op die Suid-Afrikaanse ekonomie hê.

Die reën wat die afgelope paar weke geval het, is nie voldoende om die nood onmiddellik te verlig nie. Die realiteit is dat sekere streke jare laas behoorlik reën gekry het. As dit reën, beteken dit ook nie outomaties dat weiding dadelik beskikbaar is nie. Selfs in gebiede waar dit wel gereën het, het die veld tyd nodig om te herstel voordat vee daarop kan wei of dit vir saaidoeleindes gebruik kan word.

Jy kan help:

  1. Maak ’n donasie deur die volgende skakel (https://www.givengain.com/cc/noodfonds/) te volg of bankbesonderhede te gebruik:
    Rekeningnaam: AfriForum NPC
    Rekeningnommer: 62349898398
    Taknaam: FNB Centurion
    Takkode: 26155
    Verwysing: NOOD
  1. Die volgende skenkings kan gemaak word:
    – Sout
    – Chop
    – Gras
    – Lusern
    Stuur ’n e-pos aan lee-ann.hendricks@afriforum.co.za of henk.maree@afriforum.co.za.
  1. Stel vragmotors beskikbaar om die bale voer na die verskillende gebiede te vervoer. Stuur ’n e-pos aan lee-ann.hendricks@afriforum.co.za of henk.maree@afriforum.co.za.
  2. Koop ’n kaartjie (looitjie) vir R50 ten bate van Manna vir die boere se Droogtehulpfonds en staan die kans om ’n superkarkas (A2- of A3-gradering – ongeveer 220 kg) te wen. Koop jou kaartjie hier.

Artikel 18A is op aanvraag beskikbaar. Stuur bewys van betaling na lee-ann.hendricks@afriforum.co.za of henk.maree@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings