|

Duisende voete en voertuie mobiliseer saam met AfriForum teen misdaad

AfriForum se nasionale patrollie het die afgelope naweek duisende mense teen misdaad in Suid-Afrika gemobiliseer. Sowat 135 AfriForum-buurt- en plaaswagte, meer as 125 polisiestasies, talle gemeenskappolisiëringsforums, sekuriteitsmaatskappye en ander organisasies het deel van dié massa misdaadvoorkomingsaksie gevorm.

“AfriForum se nasionale voetspoor het ’n onstuitbare netwerk van gemeenskapstrukture geword en ons nasionale kommunikasiestelsel is enig in sy soort wat beteken dat duisende gemeenskapslede in die land met mekaar kan kommunikeer om gemeenskapsweerbaarheid te verseker,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Volgens Cameron is nagenoeg 60 ernstige voorvalle deur die AfriForum911-gemeenskapveiligheidsentrum hanteer wat veral goeie samewerking tussen noodinstansies en gemeenskapstrukture op grondvlak bevestig het.

“Ons wil veral ons dank teenoor die SAPD uitspreek vir die uitmuntende samewerking op grondvlak tydens hierdie gemeenskapsinisiatief. Dit is verblydend om te sien hoe polisiestasies hul deure oopgemaak het vir die gemeenskap om saam die stryd teen misdaad aan te pak.”

Volledige statistiek volg later.

Wat is in Julie 2018 bereik:

  • Sowat 227 veiligheidstrukture regoor die land het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Meer 5 000 mense van verskeie sekuriteitsmaatskappye, gemeenskappolisiëringforums, insleepdienste, polisiestasies, plaaslike besighede, paramediese dienste en verkeersafdelings is gemobiliseer om aan die patrollie deel te neem.
  • Tydens die patrollie is 51 881 km in 2 292 voertuie afgelê.
  • Bykans 120 insidente is suksesvol tydens die verskeie patrollies hanteer, insluitend die afwering van ’n moontlike plaasaanval in Delmas. Bystand is by ongelukstonele gelewer en dwelms is gekonfiskeer.

Soortgelyke plasings