Edenvale-buurtwag vind kokaïne ter waarde van R60 000


AfriForum se Edenvale-buurtwag het op 27 Maart 2019 in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en ander rolspelers ’n veiligheidspatrollie in Edenvale uitgevoer en op ’n groot vonds dwelms en kontant beslag gelê.

Onraad is tydens dié patrollie by ’n huis in die gebied vermoed en ondersoek is ingestel. Drie verdagtes is in hegtenis geneem en daar is op sewe blokke kokaïne ter waarde van R60 000, asook kontant beslag gelê.

“Gemeenskappe wat op samewerking, proaktiewe optrede en sigbaarheid fokus, kan ’n verskil maak. Hierdie sukses is beslis ’n voorbeeld hiervan. Gemeenskappe kan hul weerbaarheid verbeter en die SAPD steeds binne die raamwerk van die wet bystaan,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekshoof vir gemeenskapsveiligheid in die Noordstreek.
“AfriForum in Edenvale is hier om die gemeenskap by te staan en ’n daadwerklike verskil te maak. Ons help ook om die gemeenskap te beveilig deur misdaad te bekamp,” sê Linda McKenzie, ondervoorsitter van AfriForum se Edenvale-tak.

Soortgelyke plasings