|

EFF misluk geheel en al om land tot stilstand te dwing

Die EFF se skouspelagtige mislukking om die land tot stilstand te dwing, wys weereens dat die party baie min steun het en dat die publiek nie aanklank vind by radikale retoriek nie.

Alhoewel die party hard probeer het om op sosiale media die indruk te skep dat hulle die land ontwrig het, was dit duidelik dat die meeste mense soos normaal met hul dag voortgegaan het.

Alhoewel daar sporadiese gevalle van geweldpleging en vandalisme was deur EFF-ondersteuners, was die gevalle geïsoleerd.

“Vandag se mislukte poging deur die EFF om mense se lewens te ontwrig, maak dit duidelik dat die groter meerderheid van die landsburgers nie die EFF se radikale sieninge deel nie. Die party het ook gemeenskappe se gereedheid om hul gebiede te beveilig onderskat,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid.

AfriForum se meer as 160 buurtwagte landwyd is al vanaf gister op ’n gereedheidsgrondslag en het vinnig reageer waar daar voorvalle was.

AfriForum se veiligheidstrukture sal aanhou om die situasie te monitor.

Raak betrokke by jou naaste AfriForum-buurtwag by www.afriforumbuurtwag.co.za.

Soortgelyke plasings