Ekurhuleni se vullisterreine stel ’n voorbeeld


Die burgerregte-organisasie AfriForum het gedurende Mei 2018 die vullisterreine in die Oos‑Rand geoudit as deel van hul nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet.
Dié oudit vorm deel van ’n jaarlikse nasionale veldtog waartydens vullisterreine in dorpe met gevestigde AfriForum-takke aan die hand van 32 vrae gemeet word. ’n Vullisterrein moet 80% behaal om aan die gestelde standaarde te voldoen en al die vullisterreine in die Oos-Rand het hierin geslaag.
Volgens toepaslike wetgewing en regulasies, onder meer die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis, 2008 (Wetno. 59 van 2008), moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen. Dit sluit faktore soos toegangsbeheer, onwettige storting, brandregulasies, omheining en rehabilitasie in.

AfriForum het in 2017 nagenoeg 120 vullisterreine in gebiede met gevestigde AfriForum-takke geoudit. Dié uitslae gaan in ’n verslag opgeneem en aan die departement van omgewingsake oorhandig word. “Ons is dankbaar vir die departement se samewerking en dat die provinsiale afvalbestuursbeamptes hul oudits aan ons beskikbaar gestel het,” sê Chris Boshoff, AfriForum se koördineerder vir omgewingsake.

Só vergelyk die vullisterreine:

 

“Die groot vullisterreine word uitstekend bestuur en dit is verblydend om te sien op watter hoë standaard dié vullisterreine onderhou word. Vervolgens gaan ons ons fokus verskuif en op die bestuur van die kleiner terreine en die oorlaaistasies in die Oos-Rand plaas,” sê Marie Naude, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Suid.

Na afloop van dié projek gaan AfriForum in samewerking met ’n afval-tot-energie-maatskappy ’n alternatiewe plan vir vullisterreine in Suid-Afrika bekend stel. Soortgelyke projekte is uiters suksesvol in ander lande. AfriForum sal die proses deurlopend moniteer om te verseker dat vullisterreine wat te kort skiet tot op standaard gebring word.
Sluit vandag by AfriForum aan: SMS “Vullis” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings