| | |

Ellisras-tak verskaf hulppakkette aan skole

Die AfriForum-tak in Ellisras het skolehulppakkette aan verskeie skole in dié dorp verskaf as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek, wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is.

Die skole wat hulppakkette ontvang het is Hardekool Akademie en Marlothii Learning Academy.

Die skolehulppakkette bestaan uit COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die waarde van een pakket beloop R6 500.

“AfriForum het heelwat versoeke van skole ontvang omdat hulle geen/onvoldoende hulp van die Departement van Onderwys ontvang het. Daarom het AfriForum se Ellisras-tak aan dié projek deelgeneem om sodoende te verseker dat leerders veilig kan terugkeer skool toe,” sê Magdel Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

Raak vandag nog by AfriForum se Ellisras-tak betrokke en maak ʼn verskil in jou gemeenskap. SMS jou naam na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings