AFRIFORUM-SUKSESSE: JULIE 2020

AfriForum-suksesse: Julie 2020

SENTRAALSTREEK

NOORDWES

STELLALAND

Biesiesvlei

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid gehandhaaf deur patrollies wat in samewerking met die plaaslike polisie gery is.

Delareyville

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid gehandhaaf deur patrollies wat in samewerking met die plaaslike polisie gery is.
  • Die tak het ’n brief aan Eskom en die munisipaliteit gerig oor beplande kragonderbrekings. Eskom het laat weet dat die krag nie meer onderbreek sal word nie.

Vryburg

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid gehandhaaf deur patrollies wat in samewerking met die plaaslike polisie gery is.
  • Die tak het die suksesvolle slaggatprojek voortgesit.
  • Die tak het ’n vergadering met die munisipale bestuurder gehad om ’n goeie samewerkingsverhouding te vestig.

Christiana

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid gehandhaaf deur patrollies wat in samewerking met die plaaslike polisie gery is.
  • Die tak het 200 kg wildsvleis verpak en aan minderbevoorregte gesinne uitgedeel.

Hertzogville

  • Die tak het die begraafplaas skoongemaak.

Schweizer-Reneke

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid gehandhaaf deur patrollies wat in samewerking met die plaaslike polisie gery is.
  • Die buurtwag het ’n nuwe groep patrolleerders in Amalia geaktiveer.

Bloemhof

  • Die tak het voedsel aan 30 gesinne geskenk as deel van hul volhoubare voedselprojek in samewerking met die Fountain of Hope-organisasie.
  • Die tak het die polisiestasie en kliniek ontsmet.

 

KWAZULU-NATAL

Newcastle

  • Die tak het hul buurtwag verder uitgebrei.
  • Die tak het gesinne met voedsel ondersteun.
  • Die tak het 350 gesigmaskers aan die La Gratitude-aftreeoord oorhandig.

Utrecht

  • Die tak was saam met ander organisasies by noodvoedselvoorsiening betrokke.

Vryheid

  • Die tak het ’n noodwatertenk by die AfriForum-gemeenskapsentrum opgerig.
  • Die tak het verkeerstrepe by gevaarlike kruisings geverf.
  • Die tak het gehelp om ’n brand by die SAPD-store te blus.

Paulpietersburg

  • Die tak het verskeie proaktiewe patrollies gery om hul gemeenskap te beskerm.
  • Die tak het saam met ander organisasies gehelp met voedselnoodverligting.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer om te verseker dat drinkwater veilig is.

Pongola

  • Die tak het die Magudu-begraafplaas skoongemaak.
  • Die tak het slaggate op die R66 gevul.
  • Die tak het toerusting aan munisipale werkers verskaf om hul werk in die begraafplaas te kon verrig.
  • Die tak het groot hoeveelhede vullis in die dorp verwyder.

Richardsbaai

  • Die tak het 35 skole, vier polisie stasies en vyf sakeondernemings ontsmet.
  • Die tak het verskeie operasies saam met die SAPD uitgevoer.

Hluhluwe

  • Die tak het verskeie gesteelde toerusting en voertuie in samewerking met die SAPD teruggevind.

Margate

  • Die tak het skolehulppakkette aan drie skole geskenk om COVID-19-veiligheid te verseker.

MOOIRIVIER

Parys

  • Die tak het munisipale probleme aangemeld en toegesien dat dit herstel word.
  • Die tak het gehelp om brande te blus.

Hartbeesfontein

  • Die buurtwag het ’n sigbaarheidspatrollie gehou.

Potchefstroom

  • Die tak het gesinne met kospakkies ondersteun totdat Solidariteit Helpende Hand kon oorneem.
  • Die tak het slaggate herstel.
  • Die buurtwag het gehelp om brande te blus.

Orkney

  • Die buurtwag het ’n optog teen plaasmoorde gereël.

Ventersdorp

  • Die tak het deel van ’n organisasie gevorm wat voedsel aan mense in Ventersdorp en die omgewing versprei.
  • Die tak het die kinderbeskermingseenheid ondersteun met inligting en opsporing.
  • Die tak het perde aangekeer wat op die N14 op loop was en hulle aan die eienaar terugbesorg.
  • Die tak het die buurtwag met tien noodhulpsakke toegerus.
  • Die tak het gehelp dat ’n kind gratis berading kon ontvang.
  • Die buurtwag het die publiek deurgaans van inligting oor veiligheid voorsien.
  • Die buurtwag het ’n patrolleerder en gesin ondersteun ná ’n lid in anafilaktiese skok gegaan het.

Sasolburg

  • Die buurtwag het aan ’n veiligheidsmagsvertoning deelgeneem.
  • Die tak het ’n groot skoonmaakprojek in Vaalpark geloods.
  • Die tak voorsien steeds voedsel aan mense in nood in samewerking met Solidariteit Helpende Hand.

 

GROOT MARICO

Rustenburg

  • Die tak het die skoonmaakprojek voortgesit. 22 slaggate is herstel en die gras is gesny op die sypaadjies van verskeie strate in dié dorp.
  • Die tak het 200 gesinne van noodvoedselpakke voorsien met noodsaaklike produkte wat ’n gesin van vier vir ’n maand lank van voedsel voorsien.
  • Die tak het drie ton voedsel ter waarde van R10 000 versprei.
  • Die tak het 120 komberse ter waarde van R10 000 in samewerking met die Lions Club aan behoeftige gesinne in dié dorp geskenk.

Hartbeespoort

  • Die tak het ondersteuning gebied tydens die konfiskering van 50 ton onwettige hout wat in Magaliesberg-biosfeer gestroop word. Die tak het die Departement van Omgewingsake, Bosbou en Vissery, asook Sanral en die Brits-klusterpolisie in hierdie taak ondersteun. Tien mense is in hegtenis geneem.

Brits

  • Die veiligheidstruktuur van die tak het verhoogde sigbaarheid gehandhaaf.
  • Die tak het met ongeveer 50 lede gegroei.

Lichtenburg

  • Die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit het aangekondig dat hulle dié dorp se vullisterrein gaan skoonmaak nadat die tak druk op die munisipaliteit geplaas het.
  • Die tak het handreiniger en skoonmaakmiddels aan die Lichthuis Tehuis vir Bejaardes geskenk. Ongeveer 150 liter ontsmettingsmiddels ter waarde van R6 000 is aan dié tehuis geskenk.

 

BLOEMFONTEIN

  • Die takke het kos aan 65 gesinne in samewerking met Solidariteit Helpende Hand versprei.
  • Die takke het skolehulppakkette aan verskeie skole oorhandig.
  • Die takke het patrolleerders in samewerking met sekuriteitsmaatskappy ondersteun om twee verdagtes vas te trek wat by huisbraak betrokke was.
  • Die takke het patrolleerders ondersteun om veldbrande in samewerking met die brandweerdiens te bestry.
  • Die takke het patrolleerders ondersteun om in samewerking met ’n sekuriteitsmaatskappy ’n verdagte in hegtenis te neem wat ’n persoon met ’n handwapen beroof het.
  • Die takke het gehelp om mediese dienste vir ’n AfriForum-lid te ontbied.
  • Die Pellissier-tak het mediese dienste vir ’n AfriForum-lid ontbied.
  • Die Langenhovenpark-tak nooddienste tydens ’n huisbrand ontbied.
  • Die Wilgehof-tak het ’n ongelukstoneel help beveilig in samewerking met die ambulansdienste op die toneel.
  • Die Uitsig-tak het ongelukstonele in samewerking met verskeie nooddienste help beveilig.

HOOGLAND

Welkom

  • Die tak het ’n brief aan die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit gerig waarin die munisipaliteit op terme geplaas is om ’n rioollek in Powerstraat binne sewe dae te herstel. Die munisipaliteit het dié lek herstel binne drie dae ná die brief gestuur is.

Similar Posts