AfriForum-traumaeenheid

Tuis

AfriForum se traumaeenheid is in 2015 gestig en lewer ’n baie unieke, persoonlike diens aan slagoffers van geweldsmisdaad, veral slagoffers van plaasaanvalle.

Kontaksessies met slagoffers is van kritieke belang en daarom staan lede van dié eenheid slagoffers van plaasaanvalle landwyd by en bied emosionele en praktiese ondersteuning en bystand aan sowel slagoffers as hul gesinne. Traumaberaders reis na slagoffers en maak seker dat hulle in ’n veilige en beskermde omgewing berading ontvang. Berading help om die traumatiese impak en skok van die misdaad te help verlig, asook om sekondêre viktimisasie te voorkom en simptome van posttraumatiese stres by die slagoffer te identifiseer.

Beamptes wat voorheen by die SAPD werksaam was, gebruik hul vaardighede om te help om slagoffers se beëdigde verklarings in hul voorkeurtaal af te neem voordat dié verklarings vir verdere ondersoek by die SAPD ingedien word. Hulle vergesel slagoffers ook na uitkenningsparades en help om slagoffers op hofsake voor te berei. Boonop skakel dié beamptes ook met die SAPD se ondersoekbeamptes om vordering in die ondersoeke te verseker.

Traumaberaders fokus op respekvolle en empatiese hulpverlening aan misdaadslagoffers aangesien die slagoffers reeds aan geweldige trauma blootgestel is. Hulle lig slagoffers oor hul persoonlike veiligheid, grondwetlike regte en ondersoek- en hofprosedures in.

Die eenheid is tans besig met ’n nuwe opleidingsprojek en om opleidingsmateriaal te skryf, waarna kursusse aan vrywilligers en plaaswagte aangebied sal word, asook aan mense wat by veiligheidsprojekte betrokke wil raak om slagoffers onmiddellik by te staan. Dit is belangrik om netwerke vir traumaslagoffers op grondvlak te skep omdat die eenheid se beamptes nie oral kan wees nie en ’n onmiddellike diens aan slagoffers die beste uitkoms verseker.

Daar word ’n pad met elke slagoffer gestap om hierdie moeilike gebeurtenisse te verwerk en weer die stukke van hul lewens op te tel. Elke slagoffer is uniek en daar word met elke slagoffer ’n pad volgens die slagoffer se behoeftes gestap. Indien nodig, word die slagoffer vir professionele konsultering verwys.

Stuur ’n e-pos na trauma@afriforum.co.za indien jy meer inligting oor dié eenheid verlang of traumaverwante navrae het.

Die span

Dié eenheid het tans vier personeellede wat slagoffers bystaan:

Johan Kloppers

(Suidstreek/Slagofferondersteuner)

Hennie Human

(Sentraalstreek/Slagofferondersteuner)

Magda Coetzee

(Noordstreek/Slagofferondersteuner)

Izel Kruger

(Kantoor-en-projekkoördineerder)

DEURSIGTIGHEIDSPLATFORM

SLAGOFFERONDERSTEUNINGSFONDS

Hierdie fonds is gestig om slagoffers van geweldsmisdaad en plaasaanvalle met berading en ander hulpmiddels by te staan.

VERSOEK BERADING

Aktivering van ’n AfriForum-traumavrywilliger

  • Insident word aan AfriForum se buurtwag gerapporteer.
  • AfriForum se takvoorsitter/AfriForum se buurtwagleier stel traumavrywilliger in kennis.
  • Traumavrywilliger evalueer situasie en gee ondersteuning.
  • Traumavrywilliger onttrek en stel AfriForum se veiligheidspesialis/buurtwagleier/takvoorsitter in kennis indien daar ’n behoefte aan traumaberading is.
  • Die veiligheidspesialis/buurtwagleier/takvoorsitter stel die traumaeenheid in kennis van behoefte aan traumaberading.

Versoek berading:

Indien jy berading benodig, vul die onderstaande vorm in en stuur dit in.

** Hierdie aanlyn beradingsdiens is slegs beskikbaar Maandae tot Vrydae van 08:00-16:00.

Kontak ons

AfriForum-hoofkantoor:
Unionlaan 58
Kloofsig
0140

AfriForum-traumaeenheid se kontaknommer:      012 880 1954

Trauma se noodnommer:                                            064 870 8312

Laat ‘n boodskap

Name and surname(Required)

MEDIAVERKLARINGS