Podlitiek: Akademia se nuwe Wes-Kaapse kampus, e-tol uitgewis, oor nuwe bestuurderslisensiekaarte beslis
Hierdie week het Ernst van Zyl, Louis Boshoff en Arno Roodt van Podlitiek, Akademia se beplande nuwe voltydse kampus in die Wes-Kaap, die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se aankondiging dat e-tol “iets van die verlede” is, die nuwe bestuurderslisensiekaarte wat beplan word, asook Jacob Zuma en sy MK-party se oorwinning in die kieshof bespreek.
Podlitiek: Eskom probeer onthulling keer, regering wil op burgers spioeneer, onteiening gedebatteer
In vandag se episode bespreek Ernst, Louis en Charné Eskom se desperate terugskop teen AfriForum se wen in die hof oor die voorsiening van inligting rakende steenkool- en dieselkontrakte, die vordering van die Suid-Afrikaanse regering se nuwe spioenasiewetsontwerp, asook die onteieningswetsontwerp wat teruggaan na die Nasionale Vergadering vir ’n stemgeleentheid.
Podlitiek: AfriForum wil MRK se mag snoei en Zuma se MK-party hou aan groei
In vandag se episode bespreek Ernst en Louis AfriForum se hofsaak om die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) se magte te beperk, asook die volgehoue groei van Jacob Zuma se MK-party.