|

Forum Nuus: Die Week se Blitsflits

AfriForum het vandeesweek deurbrake in die howe gehad, brûe met kultuurgemeenskappe gebou én moue in plaaslike gemeenskappe opgerol waar skoonmaakaksies aangepak is.

Borgtog is aan Garth Simpson (68), die boer van Dundee in KwaZulu-Natal, toegestaan nadat AfriForum appèl in sy saak aangeteken het. Simpson is van moord aangekla ná ’n skietvoorval op sy plaas. AfriForum verteenwoordig hom nadat die organisasie ’n regsmening ingewin het wat daarop dui dat ’n hof kan bevind dat hy uit noodweer opgetree het. Regter Poyo Dlwati het spoedig beslis dat daar onjuisthede was in die besluit om nie vroeër borgtog aan Simpson toe te staan nie.

Vanaf 2016 – 2021 was daar 364 plaasmoorde, terwyl slegs 33% gearresteerdes skuldig bevind is.

Die Mafube Plaaslike Munisipaliteit het vir ’n tweede keer in die Hooggeregshof in Bloemfontein slae gekry nadat hulle geappelleer het teen ’n dringende interdik wat AfriForum in Julie 2021 teen hulle gekry het om die rioolinfrastruktuur van Frankfort in stand te hou. Die plaaslike munisipaliteit se verlof tot appèl is met koste van die hand gewys. AfriForum meen die munisipaliteit mors inwoners se geld en dat hulle gedwing moet word om dienste te lewer.

AfriForum en die kantoor van iNkosi Zwelothando Mabandla het ’n historiese ooreenkoms vir wedersydse erkenning en samewerking onderteken. iNkosi Zwelothando Mabandla is die iNkosi van die AmaBhele kaJamangile tradisionele gemeenskap in die Oos-Kaap. “Hierdie is ’n stap in die rigting vir die verwesenliking van ons visie om ’n toekoms te skep waar Afrikaners in die toekoms sinvol en vreedsaam met ander gemeenskappe kan saamleef op grond van wedersydse erkenning en respek,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

AfriForum het ook ’n omvattende verslag oor plaasmoorde vrygestel waarin die kommerwekkende tendense van lae arrestasies en skuldigbevindings van moordenaars uitgewys is. Vanaf 2016 – 2021 was daar 364 plaasmoorde, terwyl slegs 33% gearresteerdes skuldig bevind is.

Op plaaslike vlak het die AfriForum-tak in Pongola begin om die vliegveld op te knap, nadat die uPhongolo Plaaslike Munisipaliteit nie hierdie verpligtinge nagekom het nie.

“Hierdie is ons enigste vliegveld en al die ander vliegvelde is baie ver van ons af. Ons tak het besluit om met opknappingswerk te begin, sodat dit weer veilig is vir vliegtuie om hier te kan opstyg en land,” sê Alton Vlok, voorsitter van AfriForum se Pongola-tak.

Pongola se vliegveld word opgeknap

AfriForum se tak in Welkom loodgieters aangestel om verskeie mangate en verstopte rioolpype in Riebeeckstad te ontblok en skoon te maak nadat verskeie inwoners se erwe en strate deur rou riool oorspoel is.

Die AfriForum Bo-Karoo-streektak het ’n veldtog oor waterveiligheid  by Orania Volkskool afgelsuit. Sedert erge vloede in die begin van die jaar ondervind is, is skoliere bewus gemaak oor waterveiligheid en die gevare daaraan verbonde om in die rivier te swem.

Soortgelyke plasings