Podlitiek: Akademia se nuwe Wes-Kaapse kampus, e-tol uitgewis, oor nuwe bestuurderslisensiekaarte beslis

Hierdie week het Ernst van Zyl, Louis Boshoff en Arno Roodt van Podlitiek, Akademia se beplande nuwe voltydse kampus in die Wes-Kaap, die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se aankondiging dat e-tol “iets van die verlede” is, die nuwe bestuurderslisensiekaarte wat beplan word, asook Jacob Zuma en sy MK-party se oorwinning in die kieshof bespreek.

Podlitiek: Eskom probeer onthulling keer, regering wil op burgers spioeneer, onteiening gedebatteer

In vandag se episode bespreek Ernst, Louis en Charné Eskom se desperate terugskop teen AfriForum se wen in die hof oor die voorsiening van inligting rakende steenkool- en dieselkontrakte, die vordering van die Suid-Afrikaanse regering se nuwe spioenasiewetsontwerp, asook die onteieningswetsontwerp wat teruggaan na die Nasionale Vergadering vir ’n stemgeleentheid.