|

FORUM SEKURITEIT BEVEILIG SOL-TECH

Forum Sekuriteit is verantwoordelik vir die beskermings- en veiligheidsdienste by die nuwe kampus van Sol-Tech, die beroepsopleidingskollege van die Solidariteit Beweging. Die nuwe kampus het vandeesmaand sy deure geopen en meer as 400 nuwe studente verwelkom.

Forum Sekuriteit is ’n geakkrediteerde opleidingsverskaffer waarvan die kernbesigheid die volgende behels:

  1. Die beskerming van die algemene publiek en die bevordering van die publiek se veiligheid;
  2. Die beskerming van openbare en/of privaat skole en die bevordering van hulle veiligheid;
  3. Die oprigting en handhawing van gewapendereaksie- en mediesenoodreaksie-eenhede van hoë gehalte;
  4. Die daarstel, ontwikkeling en bestuur van ’n polisiëringsvennootskap om misdaad doeltreffend te bekamp;
  5. Die patrollering en bewaking van gemeenskappe teen verdagte/kriminele handelinge en die arrestasie van misdadigers;
  6. Ondersteuning met die vervolging van misdadigers;
  7. Ondersteuning en berading aan misdaadslagoffers; en
  8. Om openbare bewusmakingsveldtogte van stapel te stuur met die oog op die bevordering van veiligheid.

Ten einde bogenoemde doelstellings te bereik, word daar op sekuriteit, veiligheid en opleiding gefokus.

Forum Sekuriteit is in 2019 as geakkrediteerde opleidingsverskaffer deur die Quality Council for Trades and Occupations (QCTO) onder die Safety and Security Sector Education and Training Authority (SASSETA) as deel van die South African Qualifications Authority (SAQA) geregistreer.

Geakkrediteerde opleiding sluit twee kwalifikasies in:

  1. ’n Algemene sekuriteitspraktisyn (SAQA-nommer 58577, 133 krediete) wat ’n nasionale kwalifikasieraamwerk (NKR)-vlak 3-kwalifikasie is.
  2. ’n Spesialissekuriteitspraktisyn (SAQA-nommer 57713, 137 krediete) wat ’n NKR-vlak 4-kwalifikasie is. Die NKR-vlak 3-kwalifikasie is ’n voorvereiste vir kwalifikasie op vlak 4.

Besoek gerus Forum Sekuriteit se Facebook-blad, asook die webtuiste by www.afriforum.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings