|

FORUM SEKURITEIT LEER BASIESE BRANDBESTRYDING

Forum Sekuriteit het die afgelope twee dae hul eerste basiese brandbestrydingskursus in Kloofsig, Centurion, aangebied.

Personeel van AfriForum se hoofkantoor, lede van die Benoni-buurtwag en personeel van die Buffelsfontein Restaurant het die kursus bygewoon. Kursusgangers het onder meer geleer om verskillende soorte brande te identifiseer en die toepaslike brandbestrydingsprosedure toe te pas.

“Die kursus het teoretiese en praktiese elemente ingesluit,” sê Leandra van der Merwe, bestuurder van opleiding en ontwikkeling by Forum Sekuriteit. “Hierdie was die loodsprogram en die volgende opleiding word reeds vir Julie en Augustus beplan.”

Daar was agt kursusgangers vir die eerste opleidingsessie, terwyl die een in Julie reeds volbespreek is. Daar is wel nog plekke beskikbaar op 18 en 19 Augustus. Stuur ‘n e-pos aan opleiding@afriforum.co.za om meer uit te vind. Die koste van die kursus beloop R800 per persoon wat ’n sertifikaat vir die geakkrediteerde kursus insluit.

Soortgelyke plasings