Frankfort-munisipaliteit knap vullisterrein op ná volgehoue druk deur tak

 

Op 21 Augustus het die Mafube Plaaslike Munisipaliteit begin om opknappingswerk by die vullisterrein in Frankfort te doen ná die AfriForum-tak in dié dorp volgehoue druk op die munisipaliteit geplaas het. Paaie is netjies geskraap en al die vullis wat nie by die aangewysde areas gestort is nie, is verwyder.
Die tak het aanvanklik begin om die vullisterrein self te verbeter deur vullis langs die terrein met behulp van die plaaslike gevangenisdiens op te tel. Ná hierdie projek het die munisipaliteit gevra dat die tak aan hulle ’n voorlegging doen oor die pad vorentoe en hoe die vullisterrein verbeter kan word.

“AfriForum is net so sterk soos sy lede en hierdie is ’n bewys dat ons lede en hul aksies werklik ’n verskil kan maak,” sê Michelle Peens, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Vrystaat.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Frankfort” na 45340 (R1).
 
 

Soortgelyke plasings