Gaan Groen Knysna

Gaan Groen Knysna is ’n inisiatief wat met trots deur AfriForum se Omgewingsake-afdeling ondersteun word en ten doel het om Knysna en die omliggende omgewing te rehabiliteer ná die onlangse verwoestende brande. Die Tuinroete, waarvan Knysna deel vorm, is bekend vir sy natuurskoon en trek gevolglik jaarliks duisende toeriste.

Hierdie rehabilitasieprojek beoog om in samewerking met ander belanghebbendes bome en struike te plant om die gebied sodoende mettertyd tot sy eertydse glorie te herstel.
Die gebied se natuurlike fauna en flora is nie net beeldskoon nie, maar speel ook ’n baie belangrike rol met betrekking tot erosie, veral watererosie. Met die reënseisoen om die draai gaan die rolspelers in die projek ook nou betrokke wees om die natuurlike habitat te herstel. Dít sal tot gevolg hê dat verspoelings en modderstortings in die toekoms sover moontlik beperk word.

Tien van die belangrikste funksies wat bome vervul:

  1. Bome produseer suurstof: ’n Volwasse groen boom produseer genoeg suurstof in een seisoen sodat tien mense vir een jaar lank kan asemhaal.
  2. Bome beheer die spoed van stormwater: Oorstromings kan dramaties verminder word deur die aanplant van bome.
  3. Bome beheer geraas: Bome demp stedelike geraas net so doeltreffend soos klipmure.
  4. Bome maak grond skoon deur sekere gevaarlike chemikalieë en ander besoedelende stowwe in die grond te absorbeer.
  5. Bome is koolstofreservoirs: Bome absorbeer koolstofdioksied om hul voedsel te produseer. (Koolstofdioksied is die grootste oorsaak van aardverwarming.)
  6. Bome verskaf skaduwee: Dit is ’n welkome bron van verkoeling tydens die warm somermaande.
  7. Bome dien as windskerms: Bome absorbeer die krag van sterk winde in die winter.
  8. Bome bekamp gronderosie: Boomwortels bind die grond en boomblare breek die krag van wind wat oor oppervlaktes waai.
  9. Bome vorm deel van ’n groot ekologiese stelsel: Die interaksie tussen bome en organismes speel ’n belangrike rol in die voortbestaan van die ekostelsel.
  10. Bome is ’n bron van voedsel: Bome is die hoofbron van voedsel vir verskeie diere, voëls en organismes.

Hoe kan jy help?

Jy kan ondersteuning en hulp op een van die volgende maniere bied:

  • Raak betrokke en help ons om bome en struike te plant.

Hou gerus die Facebook-blad van die Gaan Groen Knysna(Go Green Knysna)-projek dop om te sien wanneer en waar ons bome en struike gaan plant.

  • Raak betrokke deur by AfriForum aan te sluit.

Ondersteun die Gaan Groen Knysna-projek: SMS “Gaan Groen” na 45354 (R1).

Jou ondersteuning deur middel van lidmaatskap help om ’n verskeidenheid van AfriForum se projekte volstoom aan die gang te hou, soos byvoorbeeld die vullisterreinprojek, #RedOnsVisse en die blou-en-groendruppelprojek.

  • Maak ’n verskil deur ’n finansiële bydrae te lewer.

Maak ’n donasie deur die onderstaande bankbesonderhede te gebruik:

Rekeningnaam: AfriForum NPC
Rekeningnommer: 623 4989 8398
Taknaam: FNB Centurion
Takkode: 261-550
Verwysing: Go Green

Soortgelyke plasings