|

Gauteng-vullisterreine in aanvaarbare toestand

AfriForum het vanjaar 135 vullisterreine landwyd geoudit as deel van die organisasie se nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet.

11 van die 16 vullisterreine wat in Gauteng geoudit is, het aan nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis (Wet no. 59 van 2008), moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen.

Só vergelyk die vullisterreine in Gauteng:

Naam van tak/vullisterrein Munisipaliteit/ verantwoordelike instelling Lisensienommer Nakomingstelling (%)
Gauteng: 2015 2016 2017 2018 2019 2020
Bronkhorstspruit Stad Tshwane Metro B33/2/220/116 64 75 88 84 84
Cullinan-oorlaaistasie Stad Tshwane Metro 64 7%
Ga-Rankuwa Stad Tshwane Metro 16/2/7/A230/D9/Z3/P489 83 92 92 74
Hatherley Stad Tshwane Metro B33/2/123/88/P215 36 80 80 88 88
Magalieskruin Stad Tshwane Metro 52
Mooikloof Stad Tshwane Metro 60
Onderstepoort Stad Tshwane Metro B33/2/123/7/P6 52 70 84 76 Gesluit
Pretoria-Oos Stad Tshwane Metro 60  
Rooihuiskraal Stad Tshwane Metro 84
Soshanguve Stad Tshwane Metro B33/2/123/101/P43 83 84 78 86
Alberton (Heidelbergweg-oorlaaistasie) Ekurhuleni PM 16/2/7/C221/0494Z10/P465     93 97
Alberton

(Platkop)

Ekurhuleni PM 33/2/2/321/1450 97 95
Benoni Ekurhuleni PM     76
Boksburg (Rooikraal) Ekurhuleni PM 16/2/7/c221/D24/21/P512 97 97 97.
Brakpan (Weltevreden) Ekurhuleni PM B33/2/321/172/P137 89% 97% 94% 91%
Germiston (Simmer & Jack) Ekurhuleni PM B33/2/0322/494/P223 92 100 78 84
Norkempark-oorlaaistasie Ekurhuleni PM 75
Kempton Park (Chloorkop) Ekurhuleni PM 97 Gesluit
Kempton Park (Highveld-oorlaaistasie) Ekurhuleni PM 40 97 72
Primrose Ekurhuleni PM 68 41
Springs (Rietfontein) Ekurhuleni PM 16/2/7/C221/D494/P275 88 86 88 94
Vereeniging

(Sonlandpark-oorlaaistasie)

Emfuleni PM 8
Waldrift Emfuleni PM 006/15-16/W0004 68 60
Vanderbijlpark (Boitshepi) Emfuleni PM 28 38 32 26
Carletonville Merafong City PM 68
Meyerton Midvaal PM 002/12-13/W0001 96 96 100 96
Westonaria (Libanon) Rand West City 16/2/7/C231/D21/Z 47 9 100 48
Randfontein Rand West City B33/2/323/34/P12 33 26 46 Gesluit
Roodepoort City of Johannesburg 34 Gesluit
Heidelberg-oorlaaistasie Lesedi PM 12/9/11/P80 32 18 30 18
Bon Accord The Waste Group B33/2/123/154/P191 98 98 94 98
Mooiplaats The Waste Group 16/2/7/A230/154/21/p311 76 99 98 96 96
Interwaste FG Interwaste Environmental Solutions GAUT 002/10-11/W0030 100 100 100 Toe Gesluit

Die oudit bestaan uit ’n lys van 33 vrae wat die minimum vereistes vir vullisterreine in Suid-Afrika meet en sluit faktore soos toegangsbeheer, brande, mediese afval, omheining, rehabilitasie en dies meer in. ’n Vullisterrein moet minstens 80% behaal om aan wetgewing te voldoen.

Volgens Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria, is die meeste vullisterreine in Gauteng in ’n goeie toestand. “Die groot vullisterreine word baie goed bestuur, maar daar sal meer aandag aan die bestuur van die kleiner terreine gegee moet word.”

Steinberg sê die algemeenste probleme wat AfriForum tydens die oudit ondervind het, is onder meer die afwesigheid van afvalbestuurslisensies, die algehele wanbestuur van terreine en die swak instandhouding van terreine se heinings en hekke. Weens wanbesteding van fondse en wanbestuur deur munisipaliteite word vullisterreine tans ’n huis vir die haweloses. Baie van die terreine is ook onveilig en ontoeganklik vir inwoners wat daarvan gebruik wil maak.

AfriForum-takke sal ook druk op owerhede in hul gebiede plaas om afvalmoniteringskomitees te stig om die afvalbestuursproses te verbeter. Dié komitees sal bestaan uit munisipaliteite en belanghebbende partye wat vullisbestuur in die betrokke dorp wil verbeter. AfriForum gaan ook ná afloop van die projek ’n vergadering met Barbara Creecy, Minister van Omgewingsake, belê om terreine te identifiseer sodat dit herstel en weer op peil gebring kan word.

Die ouditverslag sal ook aan die Groen Skerpioene oorhandig word vir verdere ondersoek en optrede teen munisipaliteite wat nie aan die vereistes voldoen nie. AfriForum sal die proses deurlopend moniteer om te verseker dat die vullisterreine se standaard genoegsaam verbeter.

  • Lees die volledige verslag hier.

Soortgelyke plasings