Geaffekteerde gemeenskapslede kan eis weens Wapadrand-kragonderbrekings


Na afloop van gereelde kragonderbrekings in sekere woonbuurte van Pretoria weens ’n brand by die Wapadrand-substasie gee AfriForum duidelikheid oor die proses wat geaffekteerde gemeenskapslede kan volg om vergoeding vir kruideniersware wat verval het van die Tshwane-metro te verhaal.
Wat jy gaan nodig hê:

  • ’n Eisvorm;
  • ’n Afskrif van jou identiteitsdokument;
  • Jou water-en-ligterekening; en
  • ’n Lys van kruideniersware en die pryse daarvan wat weens die kragonderbreking verval het.

Stuur hierdie dokumentasie na WalterN@TSHWANE.GOV.ZA en claims@tshwane.gov.za, waarna die munisipaliteit met jou in verbinding sal tree.

“Dit is belangrik dat geaffekteerde persone op ’n eerlike wyse aan hierdie proses deelneem,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.

Stuur ’n e-pos na lambert.deklerk@afriforum.co.za om die eisvorm te bekom.

Soortgelyke plasings