|

Geen vullisterrein in Vrystaat voldoen aan nasionale standaarde

AfriForum het vanjaar 135 vullisterreine landwyd geoudit as deel van die organisasie se nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet.

Geen van die 25 vullisterreine wat in die Vrystaat geoudit is, het aan die nasionale standaarde voldoen nie. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis (Wet no. 59 van 2008), moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen.

Só vergelyk die vullisterreine in die Vrystaat:

Naam van tak/vullisterrein Munisipaliteit/ verantwoordelike instelling Lisensienommer Nakomingstelling (%)
Vrystaat: 2015 2016 2017 2018 2019 2020
Allanridge Matjhabeng PM 0
Bethlehem Dihlabeng PM 56 22 16 6
Bloemfontein-Noord Mangaung Metro 16/2/7/C351/2/289 72 96 89 18 10 16
Bloemfontein-Suid Mangaung Metro 16/2/7/C351/2/289 68 80 68 18 14 20
Boshof Tokologo PM 19 11 18 26
Bothaville Nala PM 16/2/7/C604/D1/Z1/P340 8 4 4 4
Brandfort Masilonyana PM WML/BAR/13/2014 4 24 9 2 2
Bultfontein Tswelopele PM WML/BAR/07/2014 42 24 28
Dealesville Tokologo PM 12/9/11/L886/2 52 31 3 26 52
Edenville Ngwathe PM 0
Frankfort Mafube PM 48 16 1 0 3 4
Harrismith Maluti-A-Phofung PM 24 16 20 13 18
Heilbron Ngwathe PM 12 8 0 0 0
Virginia-oorlaaistasie Matjhabeng PM 6
Odendaalsrus Matjhabeng PM 7 2
Hennenman Matjhbeng PM 26 0
Kroonstad Moqhaka PM 16 8
Hertzogville Tokologo PM WML/BAR/10/2014 52 36 56
Parys Ngwathe PM 16/2/7/C233//D1/Z1/P336 8 16 8
Petrus Steyn Nketoana PM 8
Reitz Nketoana PM 16/2/7/C805/D4/721/P341 68 13 12
Sasolburg Metsimaholo PM 36 16 18 18 20
Senekal Setsoto PM 23 22
Steynsrus Moqhaka PM B33/2/340/88/P112 4
Theunissen Masilonyana PM 16/2/7/c402/D3/21/D339 24 33 24 8
Verkeerdevlei Mosilonyana PM WML/BAR/15/2014 6
Welkom Matjhabeng PM B33/2/340/32/P85 16 33 13 12
Winburg Masilonyana PM B33/2/340/20/P48 12 12 11 13 54 28

 

Die oudit bestaan uit ’n lys van 33 vrae wat die minimum vereistes vir vullisterreine in Suid-Afrika meet en sluit faktore soos toegangsbeheer, brande, mediese afval, omheining, rehabilitasie en dies meer in. ’n Vullisterrein moet minstens 80% behaal om aan wetgewing te voldoen.

Volgens Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland, is die meeste vullisterreine in die Vrystaat in ’n haglike toestand. “Die meeste vullisterreine is in ’n slegte toestand; slegs 2 van die 28 terreine het meer as 50% behaal. Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan swak bestuur deur die munisipaliteite, asook regulasies en wette wat nie toegepas word nie. In sommige gevalle is daar terreine wat glad nie in stand gehou word nie en waar vullis vir kilometers buite die terrein rondlê.”

Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, sê voorts die algemeenste probleme wat AfriForum tydens die oudit ondervind het, is onder meer die afwesigheid van afvalbestuurslisensies en die algehele wanbestuur van die terreine. “Die meeste van die terreine het ook nie die nodige personeel om dit te bestuur nie en daar is feitlik geen toegangsbeheer nie wat veroorsaak dat byna enigiets op die terreine gestort word. Die gebrek aan toegangsbeheer lei verder daartoe dat mense op die terreine woon.”

AfriForum-takke sal ook druk op owerhede in hul gebiede plaas om afvalmoniteringskomitees te stig om die afvalbestuursproses te verbeter. Dié komitees sal bestaan uit munisipaliteite en belanghebbende partye wat vullisbestuur in die betrokke dorp wil verbeter. AfriForum gaan ook ná afloop van die projek ’n vergadering met Barbara Creecy, Minister van Omgewingsake, belê om terreine te identifiseer sodat dit herstel en weer op peil gebring kan word.

Die ouditverslag sal ook aan die Groen Skerpioene oorhandig word vir verdere ondersoek en optrede teen munisipaliteite wat nie aan die vereistes voldoen nie. AfriForum sal die proses deurlopend moniteer om te verseker dat die vullisterreine se standaard genoegsaam verbeter.

  • Lees die volledige verslag hier.

Soortgelyke plasings