Gemeenskapsorganisasies in Piet Retief beveg misdaad saam


Drie gemeenskapveiligheidsorganisasies in Piet Retief het op 9 Maart 2017 ’n samewerkingsooreenkoms onderteken. Dié drie organisasies is die plaaslike AfriForum-buurtwag, die Agri Piet Retief Distrikslandbou-unie en die Pieties-buurtwag.
Dít volg nadat ’n behoefte onder bogenoemde organisasies ontstaan het om misdaad saam te beveg by wyse van ’n skriftelike ooreenkoms wat dié organisasies verbind tot groter samewerking en koördinering teen geweldsmisdaad in die Piet Retief-omgewing.

“Ek glo dat die ooreenkoms ’n verhoogde vlak van vertroue en samewerking tussen die afsonderlike organisasies teweeg sal bring. Elke persoon wat by misdaadbekamping betrokke raak is ’n aanwins, ongeag die organisasie waaraan hy/sy tans hoort. Dit is belangrik om misdaad op ’n gemeenskaplike front te beveg,” sê Sarel Nieuwenhuizen, voorsitter van AfriForum se Piet Retief-tak.

Soortgelyke plasings