Gevaarlike toestand van paaie in KZN – AfriForum versoek dat provinsie ingryp


AfriForum het vandag in ’n skrywe ’n dringende vergadering versoek met Mxolisi Kaunda, die KwaZulu-Natalse LUR vir vervoer, ten einde die gevaarlike toestand van paaie in die Paulpietersburg- en Vryheid-distrik te bespreek.
Dít volg ná verskeie versoeke deur AfriForum en die gemeenskap vir optrede deur die plaaslike en provinsiale kantore van die departement van vervoer op dowe ore geval het. Die AfriForum-tak het ook versoek dat die gemeenskap hierdie dienste tydelik by die munisipaliteit oorneem.

“Daar staan nuwe toerusting en voertuie by die plaaslike verkeersdepartementkantore, maar die paaie word nie herstel nie. Brandstofheffings en tolhekfooie word jaarliks verhoog; tog bly die paaie in ’n uiterse swak toestand,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

Sluit by jou AfriForum-tak aan deur jou naam na 45267 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings