|

Goeie samewerking tussen buurtwagte en SAPD lei tot misdaadafname in Hermanus

Kol. Luthando Nosilela, bevelvoerder van die polisie in Hermanus, het op 12 September 2019 bekend gemaak dat misdaad in Hermanus oor die afgelope vyf maande drasties afgeneem het. Van 1 April tot 31 Augustus 2019 het huisbrake met 17,9% afgeneem, diefstal van en uit motors met 20% en inbrake by ondernemings met 54%.

Nosilela het die afname onder meer toegeskryf aan die uitstekende samewerking wat daar tussen die SAPD en buurtwagte bestaan. Hy het AfriForum se Alfa-buurtwag in besonder bedank vir hul positiewe bydrae om hierdie ’n werklikheid te maak.

“Elke patrolleerder se hulp en insette om misdaad in ons omgewing te bekamp word opreg waardeer. Ons is trots daarop om deel van die oplossing te wees en wil ander buurtwagte en instansies aanmoedig om dieselfde te doen,” sê Lourens Theron, voorsitter van AfriForum se Alfa-buurtwag wat deel vorm van dié burgerregteorganisasie se Overstrand-tak.

Raak vandag nog by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings