|

Groblersdal-tak bied teenboeliepraatjie aan

AfriForum se Groblersdal-tak het op 27 Januarie ’n teenboeliepraatjie vir die gr. 1-12-leerders van die CVO Gromar Landbou Akademie aangebied. Dié praatjie het verskillende maniere uitgelig hoe leerders boeliegedrag kan aanmeld en hanteer.

Verskeie soorte boeliegedrag in skole is bespreek, asook hoe leerders ’n boelie kan identifiseer, of bepaal of hulself boeliegedrag toon. Leerders is ook geleer wat om te doen wanneer hulle geboelie word. Daar is veral op sosiale media (kuberafknouery) en die gevare daarvan by hoërskoolleerders gekonsentreer.

Leerders kan Marilize Erasmus, die jeugwerker vir die area, kontak om enige boeliegedrag aan te meld. Erasmus sal die gevalle evalueer en dit op die korrekte manier hanteer.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Veilige skole sorg ook vir ’n veilige gemeenskap, nie net vir nou nie, maar ook vir in die toekoms. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word met die nodige kennis en vaardighede toegerus om as ’n leier in situasies waar afknouery plaasvind op te tree – om boeliebestand te wees. Leerders word ook geleer hoe om tussen afknouery en konflik te onderskei. Die doel van hierdie praatjie is om leerders te bemagtig,” sê Magdel Jansen van Vuuren, distrikskoördineerder vir Limpopo.

“Dit is vir my belangrik om boeliegedrag onder die leerders se aandag te bring, maar dit is nog belangriker om hulle ook met vaardighede te bemagtig sodat hulle weet hoe om in so ’n situasie op te tree,” sê Marilize Erasmus, jeugwerker.

Raak vandag nog by AfriForum se Groblersdal-tak betrokke: SMS “jou naam” na 45340 (R1) en maak ’n verskil.

Vir meer inligting oor AfriForum se teenboelieveldtog, besoek gerus www.teenboelie.co.za.

Soortgelyke plasings