Grondhervorming sonder vergoeding is op ’n verdraaiing van die verlede geskoei


AfriForum het die EFF se voorgenome mosie oor grondhervorming sonder vergoeding bestempel as ’n verwoestende politieke set geskoei op ’n verdraaiing van die verlede.
Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat die geskiedenis van grondbesit meer ingewikkeld is as wat radikale grondaktiviste wil voorgee:

“Om aan te voer dat wit mense wat grond besit dit noodwendig by wyse van onderdrukking, geweld of gedwonge verskuiwings bekom het, is eenvoudig bedrieglik.”

Roets verduidelik dat daar onderskei moet word tussen restitusie en die herverdeling van grond:

“Die EFF se siening oor herverdeling is bloot ’n rassistiese proses om wit mense van hul grond te verjaag en dit in die staat te vestig. Dit is nie net bedrieglik nie, maar ook ’n duplisering van die ekonomiese beleide wat die wêreld se swakste ekonomieë daargestel het.”

Soortgelyke plasings