|

Groot slaggat herstel in Jeanlaan ná volgehoue druk

AfriForum het op 3 September ’n skrywe aan die Tshwane Metro gerig oor ’n groot slaggat in Jeanlaan. Die slaggat het ’n gevaar vir motoriste ingehou wat daagliks dié pad gebruik.

AfriForum se Centurion-tak het al verskeie slaggate in die omgewing herstel en het reeds ’n kwotasie aangevra om die slaggat te herstel. Ná volgehoue druk deur AfriForum is die slaggat vinnig herstel en is die pad nou veiliger vir motoriste.

“AfriForum is bly om te sien dat sekere pleidooie nie op dowe ore val nie en dat probleme somtyds wel aangespreek word. Die Centurion-tak sal aanhou om kwessies in die gemeenskap aan te spreek om ’n beter omgewing te skep,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

“AfriForum sal aanhou om druk op owerhede uit te oefen om te verseker dat probleme aangespreek en opgelos word. Ons beskik oor die vermoë om probleme self op te los indien daar nie deur die owerhede opgetree word nie, soos ons vorige aksies reeds bewys het,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

Die tak is in Augustus gestig en het reeds verskeie suksesse behaal en beplan om verskeie projekte vorentoe aan te pak.

Raak vandag nog by AfriForum se Centurion-tak betrokke en word deel van die oplossing. SMS jou naam na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings