|

Groter Moot-tak koop ’n trekker om omgewing op te kikker

AfriForum se Groter Moot-tak het oor die langnaweek ’n trekker vir hul tuinspan aangekoop wat ’n groot aanwins vir die gemeenskap sal wees.

“Baie dankie aan elke lid wat hierdie moontlik gemaak het. Hierdie trekker gaan definitief help om die werklading te verlig en maak dat ons vinniger die werk gedoen kry. Ek wil die gemeenskap uitnooi om betrokke te raak by AfriForum se ander projekte wat die omgewing beveilig en verbeter,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

“Dit is bemoedigend dat ons lede deelneem en betrokke raak by AfriForum se selfdoen- en veg-en-bou-planne. Ons is dankbaar vir elkeen wat betrokke is,” sê Ruan du Plessis, voorsitter van die Groter Moot-tak.

Om by AfriForum se Groter Moot-tak aan te sluit, laai die Telegram-toep af en soek @AfriForumBuurtBot (https://t.me/AfriForumBuurtBot) of SMS “Groter Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings