|

Groter Moot-tak maak dorpskantoor oop

AfriForum se Groter Moot-tak het op 23 Mei hul eie dorpskantoor oopgemaak en moedig die gemeenskap aan om gebruik te maak van hierdie nuwe kantoor.

Die dorpskantoor kan onder meer gebruik word om by die Groter Moot-tak en -buurtwag aan te sluit; vir hulp met Telegram om op die AfriForum-groepe bygevoeg te word; vir hulp om misdaad en munisipale kwessies te rapporteer; en vir algemene navrae oor hierdie tak en buurtwag.

Die kantoor is geleë by 32ste Laan 622 in Villeria en is elke Dinsdag van 12:00 tot 17:00 oop.

“Die AfriForum Groter Moot-tak is voortdurend besig om te kyk hoe ons die gemeenskap beter kan bystaan. Ons glo en vertrou hierdie is ’n stap in die regte rigting om die Moot-gemeenskap te versterk en vorentoe te beweeg,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Om by AfriForum se Groter Moot-tak aan te sluit, laai die Telegram-toep af en soek @AfriForumBuurtBot (https://t.me/AfriForumBuurtBot) of SMS “Groter Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings