Hatherley vullisterrein in Pretoria in haglike toestand


Die AfriForum-tak in Pretoria-Oos het onlangs ’n vullisterreinoudit by die Hatherley munisipale vullisterrein gedoen wat toon dat dié terrein aan slegs 24% van die minimum wetlike vereistes voldoen.
Die oudit word gedoen deur minimum vereistes soos uiteengesit in die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis, 2008 (wetno. 59 van 2008) te evalueer. AfriForum het hierdie vereistes na 25 vrae verwerk en gebruik dan dié vrae om die vullisterreinoudit te doen.

“Dit is ’n skande dat die vullisterrein in so ’n haglike toestand is. Die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit gaan moet inspring om die probleem op te los. Ons was geskok om te sien hoe die gebied lyk. Mense stort onwettig vullis en daar is mense wat op die vullisterrein woon,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se koördineerder vir Gauteng-Noord.

Raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak deur “Vullis” te SMS na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings