|

Heidelberg-buurtwag behaal groot suksesse saam met SAPD

Die AfriForum-buurtwag in Heidelberg en die SAPD het op 20 Mei kragte saamgespan om misdaad in hul gemeenskap te bekamp en verskeie arrestasies gemaak.

Die aksies het in twee skofte plaasgevind. Die eerste skof het Vrydagoggend omstreeks 08:00 begin waartydens 10 buurtwaglede in samewerking met die polisie twee skrootdiewe gearresteer het. Verder is drie verdagtes in hegtenis geneem vir hul moontlike betrokkenheid by winkeldiefstal, twee onwettige immigrante is gearesteer en een skroothandelaar word ondersoek vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Gedurende die tweede skof wat Vrydagaand omstreeks 18:00 begin het, het 34 buurtwaglede in samewerking met die polisie vier verdagtes in hegtenis geneem vir die besit van dwelms. Nog twee onwettige immigrante is gearresteer, 41 persone is na die polisiekantoor geneem vir profilering, en daar is op verskeie toerusting en wapens beslag gelê.

Volgens Stephanus Blignault, distrikskoödineerder vir die Wes-Rand, is hierdie suksesse ’n bewys daarvan dat die gemeenskap saam met die SAPD kan werk.

“Dit wys dat die gemeenskap van Heidelberg genoeg gehad het van misdaad en deur samewerking kan daar ’n groot verskil gemaak word,” sê Blignault.

Blignault bedank ook elke buurtwaglid wat sy tyd opgeoffer het om ’n verskil te maak.

Soortgelyke plasings