|

Herdenkingsritte: 9 ruiters, meer as 200 km, een taai Vrystaatse winter

Deur Ilze Nieuwoudt

Nege perderuiters skop eerskomende Saterdag 23 Junie ’n uitmergelende historiese herdenkingsrit af tydens die bekendstelling van Kraal Uitgewers se nuutste boek, ­Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902. (Klik hier vir meer inligting oor dié geleentheid.)

Die rit sal vanaf die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein vertrek en op 1 Julie in Kimberley ten einde loop. Die groep hoop om hiermee bewusmaking oor die geskiedenis van die area te skep. Die groep se roete sal volg deur onder meer Jacobsdal (waar generaal Koos de la Rey se seun gedurende die oorlog gesterf het), Magersfontein (waar die bekende slag in Desember 1899 plaasgevind het) en Kimberley (waar die beleg van Oktober 1899 tot Februarie 1900 plaasgevind het). Dié gebeure word elkeen in detail in Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog ondersoek. Die boek plaas hernieude fokus op talle van die bekendste gebeure van die oorlog in die Wes-Transvaal, maar diep ook verskeie nuwe en voorheen onbekende feite oor die oorlog in dié geharde landskap op.

Volg die ruiters se vordering en herontdek saam met dié span die ryke geskiedenis van die gebied. Klik hier vir meer inligting oor dié rit. Bly op hoogte van gebeure by www.kraaluitgewers.co.za se Herdenkingsritteblad of op die groep se Facebook-blad @Herdenkingsritte. Kraal Uitgewers en AfriForum is trotse borge van vanjaar se rit.

Klik hier vir meer inligting oor Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 of om die boek aanlyn te bestel.

 

Soortgelyke plasings