Herstigte AfriForum-tak in Hertzogville finaliseer bestuur


Die pasherstigte AfriForum-tak in Hertzogville het die volgende persone tot hul takbestuur verkies: George Blignaut (voorsitter), Koos Kleynhans (ondervoorsitter), Melandri Blignaut (sekretaris) en Petrus Meintjes (tesourier). Die ander portefeuljes op die bestuur word deur Tiekie Dercksen, Petro Meintjes, Erika Boshoff en Piet Grobler beklee.

“Hierdie is ’n dinamiese groep Hertzogville-inwoners wat reeds aktief begin het om iets te doen. Hulle het die water getoets en omdat dié dorp se drinkwater nie veilig is nie is AfriForum se watersuiweringsproduk, Rubicon, nou by Cheeky Chick op die dorp beskikbaar. Dié tak is ook in die beplanningsfase van ’n straatligprojek wat ’n groot verskil in Hertzogville kan maak indien die samewerking van die Tokologo Plaaslike Munisipaliteit verkry kan word. Hulle werk ook hard daaraan om die munisipale bestuurder te ontmoet om sodoende samewerking te bewerkstellig,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Hertzogville” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings