|

HK-lede gesels oor eerste jaar by De Goede Hoop

De Goede Hoop-koshuis het op Saterdag 21 Oktober ’n opedag vir alle voornemende studente wat in 2018 in die Pretoria-omgewing wil studeer.

Dié Afrikaanse privaatkoshuis is op ʼn Christelike grondslag geskoei en word deur die burgerregte-organisasie AfriForum ondersteun. Die koshuis het ten doel om ʼn inklusiewe tuiste vir enige Afrikaanssprekende student te wees. Dit kan as ʼn kultuurinstelling bestempel word wat verblyf bied vir alle studente wat gemaklik binne die Afrikaanse gemeenskap voel, ongeag hul ras.

De Goede Hoop is sowat 2 km van die Universiteit van Pretoria se Hatfield-kampus geleë en akkommodeer beide mans- en damestudente in aparte vleuels van die gebou.

Nantes Kelder, De Goede Hoop se koshuisvader vir 2018, en HK-lede het met Forum Nuus gesels oor wat dié koshuis uniek maak.

Volgens Marné Buys, HK-lid vir kultuur, is De Goede Hoop studente se huis weg van die huis af. “By De Goede Hoop hoef jy nie skaam te wees om te bid voor ʼn vergadering of te bekommer as jy Afrikaans in die gange wil praat nie. Hier kan jy jouself ten volle in jou taal uitleef.”

 

Soortgelyke plasings