|

Hofaansoek oor grondbesetting vind in November plaas

AfriForum se aansoek word 24 tot 27 November aangehoor om as vriend van die hof gevoeg te word in die hofaansoek wat die Menseregtekommissie (MRK), die EFF en ander applikante in die Wes-Kaapse Hooggeregshof gebring het om sekere gemeenregtelike remedies teen grondbesetters ongeldig te laat verklaar. AfriForum is teen dié aansoek gekant. Die oorspronklike aansoek word ook op dié dae aangehoor.

Die EFF en MRK se aansoek is gebring teen die Kaapstad-metro, die minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, en die nasionale polisiekommissaris. Die eerste deel hiervan is reeds op 25 Augustus 2020 aangehoor.

Die tweede gedeelte van die aansoek (waarop AfriForum se aansoek betrekking het om as vriend van die hof gevoeg te word) beoog om die gemeenregtelike remedies van contra-spolie ongeldig en ongrondwetlik verklaar word in soverre dit voorsiening maak vir die sloop van sowel bewoonde as onbewoonde wonings.

AfriForum sal in die hof aanvoer dat die bepalings van die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond 19 van 1998 (die PIE) slegs in werking tree wanneer grond onwettig beset is en die besetters permanent op die grond woon. Die gewone gemeenregtelike remedies moet dus steeds geld in gevalle waar onwettige strukture in die proses is om opgerig te word of waar dié strukture nog nie bewoon word nie.

Soortgelyke plasings