Hoofstad se vullisterreine vaar goed tydens AfriForum-oudit


AfriForum het gedurende Oktober vanjaar verskeie vullisterreine in die Tshwane Metro geoudit as deel van dié organisasie se nasionale projek om die stand van vullisterreine in Suid-Afrika te meet.Die oudit vorm deel van ’n jaarlikse nasionale veldtog waartydens vullisterreine in dorpe waar AfriForum-takke gevestig is aan die hand van 33 vrae gemeet word. Volgens toepaslike wetgewing en regulasies, onder meer die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis, 2008 (Wet No. 59 van 2008), moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen, waaronder toegangsbeheer, stortingsregulasies, lisensiëring, brandregulasies, omheining en rehabilitasie.
’n Vullisterrein moet 80% behaal om aan die gestelde standaarde te voldoen, en die meeste van die vullisterreine in die Tshwane Metro het hierin geslaag.
Die uitslae lyk soos volg:

Vullisterrein Munisipaliteit/besturende maatskappy Prestasie in
2016
Prestasie in
2017
Bronkhorstspruit Tshwane Metro 64% 75%
Cullinan (Depot) Tshwane Metro 70%
Ga-Rankuwa Tshwane Metro 83%
Hatherley Tshwane Metro 36% 80%
Onderstepoort Tshwane Metro 52% 70%
Soshanguve Tshwane Metro 83%
BonAcord The Waste Group (privaat) 98%
Mooiplaats The Waste Group (privaat) 76% 99%
Interwaste
FG Landfill Site
Interwaste Environmental Solutions (privaat) 100% 100%

“Die vullisterreine word baie goed bestuur, veral die terreine wat privaat bestuur word. Die grootste probleme wat AfriForum tydens die oudit ondervind het, is probleme met diefstal, vandalisme en beskadiging van eiendom soos omheinings,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng.

AfriForum sal die proses deurlopend moniteer om te verseker dat vullisterreine wat tekort skiet op peil gebring word.

Soortgelyke plasings