|

INNOVERENDE AFRIKAANSE ONDERNEMINGS MET TINTELTONG TOEKENNINGS BEKROON

AfriForum het op 23 Februarie 2020 – twee dae ná Internasionale Moedertaaldag op 21 Februarie – innoverende Afrikaanse ondernemings  in drie streke en twee kategorieë bekroon. Dié streke is die noordstreek (Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en Limpopo), die sentraalstreek (Vrystaat en Noord-Kaap) en die kusstreek (Wes- en Oos-Kaap, en KwaZulu-Natal). Die kategorieë is kreatief en korporatief.

Die Tinteltong Toekennings is vanjaar ses jaar oud. Dit is in 2016 ingestel toe vier ondernemings met ’n pakkie in die pos vir hulle bydrae tot Afrikaans beloon is. Ondernemings en mense word met dié toekenning bekroon wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans bevorder deur kreatief met die taal om te gaan.

AfriForum het in 2016 vasgestel dat 30% van die Suid-Afrikaanse mark Afrikaanssprekend is. Daarom gaan ons voort om ondernemings te beloon wat dienste in Afrikaans bied. AfriForum hoop dat die wenners ander ondernemings en mense ook sal besiel om hul sake ook in hul hartstaal te bedryf.

Weens die COVID-inperkings moes ons vanjaar die koppe kraak om die wyse waarop ons Tinteltong Toekennings in die verlede aangebied is, te herevalueer. Gelukkig het 2020 ons geleer om altyd op die onvoorspelbare voorbereid te wees.

Die wenners vir 2021 is:

Noordstreek (Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en Limpopo)

Kreatief:

  • Anélia Prinsloo en Rhona Erasmus van Pienkvoet-Pret
  • Jaco en Nadine Vosloo van Tjhoko Paint
  • Jandré van Wyk en Lorenzo Pucciatti van Dra Afrikaner
  • Mia Botha van Miekeraai

Korporatief:

  • Donnavin Smit van DS Steelworks
  • Dúlinda Taljaard (Pieters) van EnterActive Productions

Sentraalstreek (Vrystaat en Noord-Kaap)

Kreatief:

  • Anneke Joubert van Bouter Happies
  • Dennis en Rachel Jacobs van DoringDraad Kontrei-Kuierplek

Korporatief:

  • Sonja Steenkamp van Sonja Steenkamp Rekenmeesters

Kusstreek (Wes- en Oos-Kaap, en KwaZulu-Natal)

Kreatief:

  • Armand Aucamp en Dewald van Zyl van Koer
  • Kobus Galloway van Idees Vol Vrees

Korporatief:

  • Hendrik van Eeden van DSI Steel
  • Howie Viljoen en Marlé Botha van Viljoen Juweliers

AfriForum bedank graag elkeen wat gestem het. Ons herinner die publiek graag daaraan om Afrikaanse ondernemings se besonderhede na netwerk@afriforum.co.za te e-pos sodat hulle vir 2022 se Tinteltong Toekennings in aanmerking kan kom.

Registreer jou onderneming vandag nog op www.afriforumsakenetwerk.co.za: AfriForum Sakenetwerk – waar lede mekaar ondersteun.

Soortgelyke plasings