Innoverende Afrikaanse ondernemings met Tinteltong Toekennings bekroon


In samehang met die viering van Internasionale Moedertaaldag, wat jaarliks op 21 Februarie gevier word, beloon Afrikaans-Vriendelik innoverende Afrikaanse ondernemings.
Die Tinteltong Toekennings word daarom toegeken aan ondernemings of mense wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans bevorder deur kreatief met dié taal om te gaan.
In 2016 was daar slegs vier kategorieë waarin ondernemings benoem kon word en in 2018 15 kategorieë. Die wenners se kreatiwiteit is daarom vanjaar behoorlik tydens ’n toekenningsgeleentheid op 21 Februarie by die spoggerige Menlyn Boutique Hotel gevier.
AfriForum het in 2016 vasgestel dat 30% van die Suid-Afrikaanse mark Afrikaans is en wil voortgaan om ondernemings te beloon wat dienste in Afrikaans aanbied. AfriForum hoop dat dié wenners ander ondernemings en mense sal aanspoor en inspireer om in die taal van hul hart sake te doen.
Die wenners in die onderskeie kategorieë vir 2018 is soos volg:

  1. Tinteltong Toekenning vir die oorspronklikste naam: Streepsak
  2. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste slagspreuk: Al 3 Boerdery
  3. Tinteltong Toekenning vir die beste handelsmerkontwerp: Magies vol liefde
  4. Tinteltong Toekenning vir smullekker Afrikaanse kos: De Vette Mossel
  5. Tinteltong Toekenning vir die soetste nagrus: Aandbloem
  6. Tinteltong Toekenning vir foto’s wat Afrikaans praat: Conrad Theron
  7. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste diens: Funky Ouma
  8. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste e-kopie: Mooi Leefstyl
  9. Tinteltong Toekenning vir trippeltoontjies (diens of produk wat op kinders gemik is): Magies vol Liefde
  10. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste produk: Mooi Goete
  11. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste produk – innoverendste produk: Boeremeisie Beeldskoon
  12. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste produk – eie aan Afrikaans: Is Moz Bos
  13. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste sosiale media: De Afrikander
  14. Tinteltong Toekenning vir ’n uitgewer wat Afrikaans bevorder: LAPA uitgewer Tinteltong
  15. Toekenning vir snaaksighede in Afrikaans: Idees-vol-Vrees

AfriForum wil graag sowel die wenners as die benoemde ondernemings of persone met dié groot prestasie gelukwens en aanmoedig om voort te gaan om uitstekende dienste en produkte in Afrikaans te bied.

Soortgelyke plasings