|

Inskrywings nou oop vir AfriVriendelik se entrepreneurskompetisie

AfriVriendelik en Akademia het vanjaar hande gevat om die entrepreneur van die jaar aan te wys.

Die AfriVriendelik-entrepreneurskompetisie is vanjaar tydens spog middagetegeleenthede by die Menlyn Boutique Hotel in Pretoria en die Cavalli-landgoed in Somerset-Wes bekend gestel, waartydens talle entrepreneurs getuig het van die positiewe invloed wat AfriVriendelik op hul ondernemings tot dusver gehad het.

Inskrywings is reeds oop en sluit op 31 Augustus 2019, terwyl die publiek tussen 5 en 20 September 2019 vir die toptienondernemings kan stem. ’n Uitgesoekte paneel beoordeel die toptien en gee terugvoer tydens sessies. Die wenner word einde Oktober 2019 aangekondig.

Soortgelyke plasings