Kamieskroon se krag bly aan ná AfriForum vertoë rig

AfriForum se Kamieskroon-tak het op 3 Desember 2019 ’n brief van Eskom ontvang waarin dié kragreus onderneem om nie die dorp se elektrisiteitstoevoer af te sny nie. Dít volg nadat AfriForum se Kamieskroon-tak ’n vertoë aan Eskom gerig het.

Eskom het vroeër gedreig om elektrisiteitstoevoer na die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit te staak weens agterstallige munisipale skuld van meer as R18  miljoen. Eskom het aangekondig dat beurtkrag geïmplementeer sou word aangesien dié agterstallige skuld glo sedert Maart 2014 uitstaande is. Dié kragonderbrekings sou ’n enorme impak op die ekonomiese groei in Kamieskroon en die omliggende omgewing gehad het.

“Dit is nie regverdig om belastingbetalers te straf vir geld wat weens wanbesteding nie deur die munisipaliteit oorbetaal is nie,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Volgens die brief aan AfriForum het Eskom en die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit ’n ooreenkoms bereik wat bygedra het tot die besluit om nie met die beoogde onderbreking voort te gaan nie, asook nie met grootmaat-elektrisiteitsvoorsiening aan die munisipaliteit nie, wat op 19 Desember 2019 sou begin het.

Klik hier vir die brief.

Soortgelyke plasings